Stem, dalk kom gunsteling op CD
Kies self watter Suid-Afrikaanse kunstenaars se musiek jy graag saam op 'n CD wil hê.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Phineas kraai koning in 31ste Hayward-marathon
May 01 2008 06:35:39:960PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Sarel van der Walt

Marathonatlete sal jou vertel ’n marathon se ergste byt kom eers ná 32 km se hardloop.

Om dán die kilometer tussen die 32 km- en 33 km-kerf in 3 minute 3 sekondes (en dit boonop in die binneland) af lê, sit nie in elke atleet se bene (én kop) nie.

Gisteroggend het die 25-jarige Hartbeespoortse atleet Phineas Mothoa van die klub Madibeng só ’n 3:03-km uit sy arsenaal gepluk om Othaniel Phalane (Ilanga) se aanslag in die 31ste Wally Hayward-marathon in Centurion te beëindig.

Phalane het tot in daardie stadium van kort ná die halfpadkerf (net meer as 71 minute) skouer aan skouer saam met Mothoa gehardloop.

Mothoa het uiteindelik met ’n wentyd van 2 uur 23 minutee 6 sekondes oor die einstreep by die Hoërskool Zwartkop gehardloop. Sy wentyd was sowat 6 minute vinniger as verlede jaar s’n.

Phalane het uiteindelik sowat anderhalfminuut later die wedloop voltooi in 2:24:36, gevolg deur Powerade se Lympson Maifo (2:26:44).

Mothoa, wat met ’n beste marathontyd van 2:19 spog, was verlede jaar vierde.

Hy het gister deurentyd sterk gehardloop, gemaklik gelyk en selfs ná sy vaartversnelling by die 33ste kilometer, die laaste paar kilometer in tussen 2:06 en 2:10 afgelê.

In die afdeling vir vroue het die 31-jarige Riana van Niekerk (Mr Price), ’n gewese wenner van die goue medalje in die Comrades, ’n maklike oorwinning behaal. Haar wentyd was 3:02:20.

“Ek hardloop op die oomblik sowat 190 km per week as deel van my voorbereiding vir die Comrades (op 15 Junie). Die Wally is ’n belangrike deel van dié voorbereiding,” het dié Pretoriase atleet gesê.

Meer as 4 000 atlete het aan die marathon, ’n halfmarathon en ’n 10 km-wedloop deelgeneem.

Die halfmarathon is deur Simon Mpolo (Raiders) met ’n tyd van 67:19 gewen.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |