Slegter as hoenderspel kan dit nie
Ai, droefheid, maar dis 'n gesukkel om daai All Blacks onder te kry!
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Mari en Kate kry hul groot kans
    May 01 2008 07:23:02:867PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Adnaan Mohamed

    Kaapstad. – Die Stellenbosse driekamp-atleet Mari Rabie en Kate Roberts van Bloemfontein gee môre ’n tree nader aan die verwesenliking van hul Olimpiese droom.

    Dié twee atlete sal hul staal wil toon as hulle op die Wêreldbeker-byeenkoms in Richardsbaai teen die wêreld se voorste 40 driekampatlete te staan kom.

    Deelnemers moet vir 1.5 km swem, 40 km op ’n fiets aflê en 10 km ver draf.

    Môre se byeenkoms is die vyfde in die wêreldreeks, wat uit 15 byeenkomste bestaan.

    Die Suid-Afrikaanse vroue mik daarna om hul plekke op die wêreldranglys te verbeter. Rabie is in die 41ste plek en Roberts 43ste.

    Maar om onder die voorste atlete in Richardsbaai klaar te maak, sal baie vasbeslotenheid en dissipline verg.

    Roberts het verlede jaar in ’n tyd van 2:05.43 in die negende plek klaargemaak. Rabie was ongesteld en kon nie die byeenkoms voltooi nie. Dit is toe ook in Richardsbaai beslis.

    Die kwalifiserende vereiste vir deelname aan die Spele is vaag.

    Suid-Afrikaanse atlete moet dus alles in die stryd werp om hul ranglysposisies te verbeter.

    Hulle sal op 8 Junie ook blink vertonings moet lewer op die Wêreldbyeenkoms in Vancouver in Kanada.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |