Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Hannes Hopley wen eerste goue medalje vir SA
Hannes Hopley het gisteraand in Addis Abeba, Ethiopië, Suid-Afrika se eerste goue medalje op ’n chaotiese Afrika-atletiekbyeenkoms gewen. Hy het die diskusgooi met ’n swakkerige afstand van 56.98 meter gewen. Die 400-hekkies vir mans was ’n chaos in die kleine. Niemand was seker of die eerste uitdun al plaasgevind het nie en of die atlete nog daaraan moes deelneem. LJ van Zyl het volgens die amptelike webwerf sy uitdun in ’n tyd van 48.99 s gewen. Dit sou beteken hy het vir die Olimpiese Spele in Beijing gekwalifiseer. Dit het later duidelik geword dat Van Zyl sy uitdun in 50.06 s gewen het. Ockert Cilliers was tweede in sy uitdun in 50.66 s. Albei het tot die eindronde deurgedring. Hannes Dreyer het in die 100 meter uit ’n Suid-Afrikaanse oogpunt waarskynlik een van die hoogtepunte gelewer. Hy het dié nommer in 10.24 afgeblits. Dit is die vinnigste tyd die afgelope twee jaar deur ’n Suid-Afrikaanse naelloper. “Jis, ek was net 0.03 s daarvan weg om ’n silwermedalje te wen en vir die Olimpiese Spele te kwalifiseer. “My spamaats sê ek was dom. Ek moes net op die lyn ‘gedip’ het. Dan was ek tweede en op pad Spele toe “Maar ek kla nie. Dit was nie my mooiste wedloop nie, maar beslis my lekkerste. Om ’n persoonlike beste tyd voor só ’n fantastiese skare te hardloop, is lekker,” het Dreyer gesê. Nigerië se Olusoji Fasuba het die 100 in 10.10 gewen. Willem Coertzen het die silwermedalje (7 374 punte) in die tienkamp gewen. Larbi Bourado van Algerië was die wenner met 7 574 punte. Coertzen se vertoning is op drie na die beste nog deur ’n Suid-Afrikaanse tienkamp-atleet. Janus Robberts het in die gewigstoot vir mans ’n bronsmedalje met ’n afstand van 16.44 gewen. Ross Jordaan was agtste met 14.98 m en Roelie Potgieter negende met 13.38 m. Die gewigstoters en hamergooiers moes in die reën deelneem. Die sirkel was glad en nat. Potgieter het weens die nat toestande in sokkies deelgeneem. Doep Du Plessis, Potgieter se afrigter, het nie doekies omgedraai toe hy hoor watter afstande die Suid-Afrikaners in die gewigstoot behaal het nie. “Dit is swak, eintlik hartseer. Daar is geen verskoning vir ons gewigstoters se vertonings nie. Die sirkel was vir almal ewe nat en glad.”
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|