Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Oscar se lot oor twee weke bekend
Kaapstad. – Die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius sal oor twee weke weet of hy toegelaat sal word om in die toekoms teen nie-gestremde atlete mee te ding. Volgens Pistorius se agent, Peet van Zyl, het dié atleet ’n regverdige kans gekry om sy saak voor die arbitrasiehof vir sport in Switserland te stel. “Ja, ons is baie tevrede met hoe sake vandeesweek by die arbitrasiehof vir sport verloop het,” het Van Zyl gister met sy terugkeer van Lausanne, Switserland, gesê. Die Internasionale Atletiekfederasie (IAAF) het in Januarie bevind Pistorius se kunsbene bevoordeel hom onregverdig. Pistorius is verbied om in Augustus op die Olimpiese Spele teen nie-gestremde atlete deel te neem. Die 21-jarige Pistorius het hom toe tot sport se arbitrasiehof gewend. “Dit is die eerste keer in die geskiedenis van dié hof dat ’n saak van dié aard aangehoor word. Daar is aan Oscar verduidelik dat hy nie ’n beskuldigde is nie en dat hy niks verkeerd gedoen het nie. “Ons het minstens ’n kans gekry om ons kant van die saak te stel en al die wetenskaplike feite bymekaargekry en aan hulle voorgelê. “Die hele proses het baie regverdig geskied en dit het alles in ’n baie goeie gees plaasgevind. “In dié stadium is ons baie optimisties. “Hulle het gesê ons sal nie langer as twee weke op ’n uitslag hoef te wag nie,” het Van Zyl gesê. Wetenskaplikes en kundiges van die IAAF het vandeesweek bewysstukke aan ’n paneel van lede van die arbitrasiehof voorgelê. Die paneel het bestaan uit ’n voorsitter wat deur die arbitrasiehof benoem is. Die ander twee lede was ’n IAAF-benoemde en iemand uit Pistorius se kamp. “Jy kan nooit voorspel hoe sake gaan verloop nie. Dit is nou uit ons hande,” het Van Zyl gesê. Pistorius het in 2004 goud en brons op die Paralimpiese Spele in Athene gewen. Hy het meestal in Suid-Afrika aan nie-gestremde byeenkomste deelgeneem en by twee geleenthede oorsee teen gewone atlete.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|