Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Groot wentjek ’n lekker geelwortel
May 02 2008 08:08:30:293PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Sarel van der Walt

Vir sommige is die wentjek van R60 000 môre dié groot geelwortel in die Johannesburgse stadsmarathon.

Vir baie ander is dit ’n laaste kans om hulle voor Maandag se afsnydatum te kwalifiseer vir die Comrades-wedloop op 15 Junie, of bloot ’n geleentheid om, soos Comrades-atlete sê, “kilometers op die bene te kry voor die Comrades”.

Verlede jaar was daar meer as 4 000 deelnemers. Teen gisteraand het sowat 3 500 deelnemers reeds ingeskryf, terwyl laatslapers vandag nog by die Emmerentiadam kan gaan inskryf vir die marathon en die 10 km-wedloop wat ook aangebied word.

Die Johannesburgse stadsmarathon is deel van die jaarlikse Nedbank Matha-reeks. Die totale prysgeld môre is R500 000 en die eerste vrou kry net soos die eerste man ’n wentjek van R60 000.

Die Zimbabwiër Porthifer Dombojena sal sy titel verdedig. Hy het verlede jaar met ’n goeie binnelandse tyd van 2 uur 16 minute 14 sekondes gewen.

Dombojena sê hy is tans goed op dreef en sien uit na sy eerste ernstige wedloop vanjaar.

Hy was vroeër vanjaar die naaswenner in die Nedbank-halfmarathon in Nelspruit wat ’n goeie aanduiding is dat hy môre weer ’n faktor sal wees om mee rekening te hou.

Dombojema se landgenote Bright Chipere en Oliver Kandiero tel ook onder die gunstelinge sowel as die Suid-Afrikaners Joseph Mputhi en Fran Kuti wat onderskeidelik agtste en sesde in vanjaar se Om die Dam-wedloop om die Hartbeespoortdam was.

In die afdeling vir vroue is nóg ’n Zimbabwiër, Samukeliso Moya, die groot gunsteling. Sy was verlede jaar die naaswenner in die Soweto-marathon.

Die eerste helfte van die wedloop is moeilik. Die atlete klim die eerste sowat 7,5 km byna 150 meter.

Hulle spring by die Botansie Tuin by die Emmarentiadam weg en hardloop onder meer deur Sophiatown, verby die Westdene-dam, die Universiteit van Johannesburg en verby Constitutional Hill voordat hulle koers kry oor die Nelson Mandela-brug en verby onder meer die Turffontein-renbaan, Gold Reef City, die Apartheidsmuseum en Soccer City.

Daarna kry hulle koers na Mayfair en verby die Johannesburgse gasfabriek, die SAUK en deur Melville terug na die Botaniese Tuin.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |