Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Vyf goues vir SA in Ethiopië
Suid-Afrika se atlete het gister nie minder nie as vyf goue medaljes, een silwer en drie brons, op die derde dag van die Afrika-atletiekbyeenkoms in Addis Abeba in Ethiopië gewen. Die vier “goue atlete” was LJ van Zyl in die 400-hekkies (48.91 s), Elizna Naudé in die diskusgooi (55.34 m), Janice Josephs in die verspring (6.64 m) en Anika Smit in die hoogspring (1.88 m). Die Suid-Afrikaanse mans-aflosspan, Hannes Dreyer, Corné du Plessis, Sergio Mullins en Thuso Mpaung, het in die 4 x 100-aflos ’n groot hoogtepunt gelewer toe hy in 38.75 s gewen het. Die tyd is net-net stadiger as dié van die Suid-Afrikaanse span wat in 2001 in Edmonton, Kanada die goue medalje (38.47) op die Wêreld-byeenkoms gewen het. Vir Dreyer, wenner van die bronsmedalje in die 100 (10.24), was dié sege dalk net daardie bietjie meer spesiaal. Die Suid-Afrikaanse kampioen in die 100 en 200 wsas gisteroggend afgehaal toe hy gehoor het hy mag nie aan die 200 eelneem nie. “Ek berus my by Atletiek Suid-Afrika se besluit, hoe-wel die 200 my na aan die hart lê. “Al wat ek nou gaan doen, is om in die 4x100-aflos soos nog nooit voorheen te hardloop nie. Hopelik kwalifiseer die aflos-span, dan het ek darem ’n voet in die deur vir die Olimpiese Spele,” was sy woorde voor die aflos. Met gisteraand se sege lyk dit of Dreyer se droom waar geword het. Marcoleen Pretorius het silwer in die hoogspring (1.84 m) gewen en Marizca Pretorius die bronsmedalje (1.84 m). Simoné du Toit het ’n brons in die diskusgooi (47.10 m) gewen. Die Suid-Afrikaanse 4x100-aflosspan vir vroue (Tsholofelo Thipe, Isabel le Roux, Christine Ras en Geraldine Pillay) het ’n derde in 44.28 geëindig. Nigerië het in 43.79 gewen. Suid-Afrika het reeds al-tesame 13 medaljes (ses goud, twee silwer en vyf brons) gewen. Nigerië is tweede met agt medaljes (drie goud, drie silwer en twee brons). Meer belangrik is dat Van Zyl gister die Olimpiese A-kwalifiserende vereiste oortref het. Tsholofelo Thipe het haar ook vir die Olimpiese Spele gekwalifiseer het toe sy vierde in die 400 (51.49) vir vroue geëindig het. Daar was gister ook slegte nuus. Justine Robbeson, die Suid-Afrikaanse vroue-spiesgooikampioen, sal nie meer deelneem nie. Robbeson sê sy het gedurende ’n oefensessie in ’n gat op die oefenbaan getrap en al die ligamente in haar regterenkel geskeur. “Volgens die dokter sal ek minstens vier tot vyf weke glad nie kan deelneem nie. “Ek is egter nie mismoedig nie. Gaan kyk maar. Ek het nog altyd my beste vertonings gelewer nadat ek ’n terugslag gehad het. Daar is geen rede waarom dit nie weer só kan wees nie.” Hannes Hopley wat Suid-Afrika se eerste goue medalje in die diskusgooi gewen het, is glad nie gelukkig met sy wenafstand van 56.98 meter nie. “Ek het verwag ek sal minstens die Olimpiese B-kwalifiserende vereiste van 62.50 sal oortref. Ek was beslis voorbereid om die afstand te gooi. “Die groot fout wat ek gemaak het, was om die aand voordat ek deelgeneem het, ons gewigstoters te gaan ondersteun. “Ek is effens onkant deur die reën betrap. Die gevolg was dat ek siek geraak het en maar papperig was toe ek moes gooi.”
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|