Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Beste paalspringer nie in jeugspan na Pole
Waarom is Suid-Afrika se voorste paalspringer nie vir die die Suid-Afrikaanse junior atletiekspan gekies wat aan die Wêreld Junior-atletiekbyeenkoms in Pole gaan deelneem nie? Dít was gister ’n vraag wat ’n paar keer gevra is toe Atletiek Suid-Afrika (ASA) die span bekend gemaak het wat van 8 tot 13 Julie in Bydgoszcz, Pole, gaan deelneem. Die 17-jarige Chayne Rahme het vanjaar drie keer die Suid-Afrikaanse o.18-rekord verbeter, maar dit is skynbaar nie goed genoeg vir ’n plek in die span nie. Sy beste hoogte van 5.20 m sou hom die goue medalje op die Afrika-atletiekbyeenkoms in Addis Abeba besorg het. Marokko se Mouchine Chaouri het Saterdag maar met ’n sprong van 4.80 m gewen. In plaaslike atletiek is Riaan Botha, ’n voormalige Statebondspele-kampioen, die enigste atleet wat tot dusver vanjaar 5.20 m gespring het. Botha rig Rahme af. “Diegene wat Chayne op die Suid-Afrikaanse junior- (o.20) en jeugbyeenkoms (o.18) Pretoria in aksie gesien het, sou gesien het dat hy met ’n bietjie geluk op 5.30 m kon geslaag het. “Ons doelwit is dat hy voor die einde van die jaar 5.40 m moet spring. Ek dink dit is ’n meer as haalbare doelweit,” sê Botha. Wilfred Daniels, die Suid-Afrikaanse spanbestuurder, het gister gesê Rahme is weggelaat omdat hy die atletiekowerhede se regulasies verontagsaam het. Hy moes glo op die Suid-Afrikaanse junior- en jeugbyeenkoms in die o.20-ouderdomsgroep deelgeneem het. Daar is aan Daniels uitgewys dat paalspring die een atletieknommer is waar ouderdom nie regtig saak maak nie. Daniels het nie ’n antwoord daarop gehad nie. Agterna is betroubaar verneem dat van die besluitnemers van ASA besef het dat daar dalk gefouteer is deur Rahme weg te laat. Die saak kan dalk nog vandeesweek reggestel word. Die span is: Mans: Wilhelm van der Vyver (Bol - 100 m en 4 x100 m); Roscoe Engel (WP - 100 m en 4 x100m); Patrick Vosloo(VD - 200 m en 4x100 m); Andre Olivier (NW - 800 m en 4x 400 m; Raaghid Fredericks (BOL - 800m en 4x400 m); Dumisane Hlaselo (VS - 1500 m); PC Beneke (VS - 400-hek en 4x400 m); Cornel Fredericks (Bol - 400-hek en 4x400 m); Stefan Brits (SG - VS en 4x100 m); Riaan Arendse (SG - VS en 4x100 m); Boipelo Motlhathlego (GN - DS en 4x100 m); Orazio Cremona (SG - GS); Victor Hogan (VS - DG); Johannes Mosala (VS- 4x100 m). Vroue: Nombulelo Mkenku (VS - 100m en 200 m - 4x100 m); Eliminette Beckmann (VS - 100-h en 4x100m); Tazmin Brits (NW - SG); Celeste Rietels (Bol - 4x100m); Alyssa Conley (S - 4x100m); Christie Coetzee (NW - 4x100m).
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|