Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


SA aflosspan kou sy naels oor Beijing
May 06 2008 09:03:48:540PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Hannes Dreyer is een van die lede van die Suid-Afrikaanse 4 x 100-aflosspan wat nog nie weet of hulle aan die Olimpiese Spele gaan deelneem nie. Foto: Herman Verwey
Wilhelm de Swardt


Die lang wag vir Suid-Afrika se 4 x 100-aflosspan het begin.

Dié atletiekspan, bestaande uit Hannes Dreyer, Corné du Plessis, Sergio Mullins en Thuso Mpuang, het op die Afrika-byeenkoms in Addis Abeba verras toe hy dié nommer in 38.75 sekondes gewen het.

Dié wentyd is die vierde vinnigste vanjaar.

Die Amerikaanse Blou-span - Preston Perry, Leroy Dixon, Michael Rodgers en Tyson Gay - het op ’n byeenkoms in Austin dié nommer in 38.72 sekondes gewen.

’n Span van die VSA se Olimpiese oefensentrum het ’n tyd van 38.72 opgestel en die Universiteit van Louisana het 38.74 aangeteken.

Dit is ’n uitgemaakte saak dat ’n aflosspan van die VSA in Augustus op die Spele in Beijing in aksie sal wees.

Daar kan aanvaar word dat spanne van Jamaika, Kanada, en Trinidad-Tobago ook op die Spele sal wees.

Volgens die reëls van die Internasionale Olimpiese Komitee kwalifiseer die 16 vinnigste lande vir die Spele.

Wilfred Daniels, bestuurder van die Suid-Afrikaanse span, sê dit is nog te vroeg om te aanvaar dat Suid-Afrika wel ’n aflosspan na die Spele sal stuur.

“Ek is beïndruk met die tyd wat ons manne in Ethiopië opgestel het, maar daar moet onthou word die internasionale atletiekseisoen het nou eers begin.

“Die meeste lande se aflosspanne het nog nie deelgeneem nie.”

Volgens Daniels het spanne tot Julie tyd om te kwalifiseer.

Du Plessis, wat lid was van die Suid-Afrikaanse aflosspan wat in 2001 in Edmonton, Kanada die goue medalje in 38.47 gewen het, meen hy en sy spanmaats is tot nog ’n vinniger tyd in staat.

“Ons het voor die Afrika-atletiekbyeenkoms glad nie as ’n span saamgeoefen nie.

“Ons het voor die wedloop so vyf keer saamgeoefen.

“Ek het al geleer dat vier ouens nie net kan opdaag en ’n goeie tyd opstel nie.

“Om werklik mededingend te wees, verg fyn beplanning en baie oefening.

“Ons het ook nodig om weer aan wedlope deel te neem.”

Daniels sê daar is geen onmiddellike planne van Atletiek Suid-Afrika (ASA) af om weer ’n mans-aflosspan aan internasionale byeenkomste te laat deelneem nie.

“Ons sal die ander lande se spanne se tye dophou.

“As dit nodig is, kan ons ’n aflosspan inskryf vir ’n byeenkoms terwyl die Suid-Afrikaanse atlete by die oefenkamp in Pottsdam, Duitsland is.”

Daar is diegene wat meen dat die jong Wilhelm van der Vyver, wat op die Suid-Afrikaanse junior en jeugbyeenkoms die 100 m in 10.30 afgeblits het, ’n lid van die Suid-Afrikaanse aflosspan moet wees.

Nog net Dreyer (10.24) het vanjaar al ’n vinniger tyd as Van der Vyver opgestel.

Daniels sê dat ander atlete soos Leroy Newton en Sherwin Vries, kan ook in aanmerking vir die aflosspan kom.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |