Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Berg is af van LJ se skouers
Drie van Suid-Afrika se voorste atlete neem môreaand in Doha, Katar, aan ’n Super Grand Prix-byeenkoms deel. Moenie verbaas wees as LJ van Zyl ’n tweede keer die Olimpiese A-kwalifiserende vereiste van 49.20 s oortref nie. Van Zyl het ná sy wentyd van 48.91 verlede naweek op die Afrika-atletiekbyeenkoms in Addis Abeba, Ethiopië gesê dit voel of daar ’n berg van sy skouers af is. “Ek kan nou weer my atletiek geniet. Dit was nogal erg om te luister hoe almal oor die Olimpiese Spele praat en ek kan nie glad saam gesels nie omdat ek nog nie gekwalifiseer het nie.” Van Zyl is nie seker wie sy teenstanders in Doha sal wees nie. Dit maak nie regtig vir hom saak nie, al wat saakmaak, is sy stryd teen die stophorlosie. ’n Geval van hoe vinniger, hoe beter. Van Zyl was gister taamlik frustreerd. Hy was op Addis Abeba se lughawe gestrand nadat beamptes hom daarop gewys het dat sy visum-uitnodiging nog sy ou paspoortnommer op het. Hy moes toe maar met vriende reëlings tref om nog ’n nag oor te slaap. Karin Mey, die Suid-Afrikaanse rekordhouer in die vroue-verspring, en Frantz Kruger, die Suid-Afrikaanse diskusrekordhouer, is die twee ander Suid-Afrikaners wat in Doha in aksie sal wees. Streng gesproke is hulle seker nie meer Suid-Afrikaners nie. Mey sal Turkye vanjaar op die Spele in Beijing verteenwoordig en Kruger Finland. Albei maak dit egter duidelik hulle is in hul har-te steeds trotse Suid-Afrikaners. Die groot vraag is of Mey môreaand die eerste keer verder as 7 m sal spring. Haar SA rekord is 6.93. Charley Strohmenger, haar afrigter, sê Mey se voorbereiding is op dreef. “Ek wil nie voorspellings waag nie, maar glo my ek sal nie verbaas wees as sy verder as 7 meter spring nie. “Al wat teen haar kan tel, is die feit dat sy die eerste keer vanjaar aan ’n buitemuurse byeenkoms deelneem. “Karin kan dalk effens verroes wees.” Kaai Preller, Kruger se afrigter, sê Kruger het saam met sy Finse spanmaats in Portugal geoefen. Suid-Afrika se twee aanspraakmaker op Olimpiese medaljes, Khotso Mokoena (verspring) en Mbulaeni Mulaudzi (800 m), sal binnekort ook in Europa deelneem.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|