In volle vaart - sonder perke
Daar is miljoene mense wat nie take kan voltooi of instruksies kan uitvoer nie, heeldag dagdroom of aan die gang is, maar niks gedoen kry nie.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Van Zyl skop stof in hekkiebrekers se oë
May 09 2008 10:05:40:640PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
LJ van Zyl op pad wenpaal toe op die studentebyeenkoms in die LC de Villiers-stadion in Pretoria. Foto: Christiaan Kotze, Rapport
Wilhelm de Swardt


Nie eens twee en halwe dae se swaarkry op lughawens kon LJ van Zyl gisteraand in Doha, Katar, verhinder om ’n tweede keer vir die Olimpiese Spele in Beijing te kwalifiseer nie.

Van Zyl het op die Super Grand Prix-byeenkoms die 400-hekkies in 49.03 sekondes gewen.

Sy wentyd is 0.17 vinniger as die Olimpiese A-kwalifiserende vereiste.

Danny McFarlane van Jamaika was tweede in 49.10 en sy landgenoot, Isa Phillips, derde in 49.71.

Nico van Heerden, afrigter, bestempel dié sege as een Van Zyl se bestes.

“Ek dink LJ het gisteraand bewys hy kan op die Spele ’n medalje wen.

“Die laaste twee dae was pure hel. Weens burokratiese rompslomp het hy eers ure lank op Addis Abeba in Ethiopië se lughawe deurgebring en toe weer in Doebai.

“LJ het maar ’n paar uur voordat hy moes deelneem in Doha aangekom. In dié proses het sy tas ook weggeraak.

“Die feit dat LJ hom nie deur al die frustrasie en te min slaap laat onderkry het nie, is ’n bewys dat hy ’n kampioen kan word,” het Van Heerden gesê.

Die Suid-Afrikaans gebore Frantz Kruger, wat deesdae vir Finland deelneem, het geen gelukkige aand beleef nie.

Hy het met drie van sy vier diskusgooie oorgetrap.

Met die enigste gooi wat wettig was, het hy die maatband maar tot 58.80 m laat rek.

Sy afrigter, Kaai Preller, sê dat Kruger agterna erg gefrustreerd was.

“Ek dink die laaste keer dat Frantz 58 m gegooi het, was toe hy 19 jaar oud was.”

Preller vertrek Vrydag Fin-land toe. Hy is vol vertroue dat hy die fout in Kruger se teg-niek sal uitstryk voordat hy op 24 Mei weer deelneem.”

Ehsan Hadadi van Iran het met ’n afstand van 67.20 gewen.

Karin Mey, die Suid-Afrikaanse gebore verspringer, het nie deelgeneem nie.

Intussen het die spiesgooier Robert Oosthuizen se beseerde linkerenkel sodanig herstel dat hy op 12 Junie in die Tsjeggiese Republiek sal deelneem.

Hy het vanjaar al 86.80 m gegooi.

Hy het ook uitnodigings ontvang om op 11 Julie in Rome en 18 Julie in Parys aan die Goue Liga-byeenkoms deel te neem.

“In dié stadium dink ek nie aan enige afstande nie. My enigste doelwit is om gereeld verder as 80 m te gooi.”

Justine Robbeson, die nasionale rekordhouer in die spiesgooi vir vroue (63.49 m), sê sy sal weens geskeurde enkelligamente nie voor middel Julie aan enige byeenkoms deelneem nie.

Die wêreld se binnenshuise verspringkampioen, Khotso Mokoena, vertrek op 21 Mei na Duitsland waar hy aan twee opwarmbyeenkomste deelneem voordat hy op 1 Junie in Berlyn en 6 Junie in Oslo aan twee Goue Liga-byeenkomste deelneem.

Mbulaeni Mulaudzi, Suid-Afrika se voorste 800 m-atleet, neem aan dieselfde twee byeenkomste deel.

Sy afrigter JP van der Merwe het dit duidelik gemaak dat dit belangrik is dat Mulaudzi hom nie katswink voor die Spele hardloop nie.

“Ons plan is dat Mulaudzi net aan die vier Goue Liga-byeenkomste voor die Spele deelneem en miskien aan ’n byeenkoms gedurende die Pottsdam-oefenkamp.”


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |