Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Besoedeling in Beijing sal nié pla, sê Ross
Kaapstad. – Daar is geen wetenskaplike studies wat bewys dat besoedeling op vanjaar se Olimpiese Spele atlete wat aan asma ly, langtermyn-skade aan hul gesondheid sal berokken nie. Dít is die mening van Ross Tucker, ’n sportwetenskaplike by die Instituut vir Sportwetenskap in Nuweland, Kaapstad. Beijing is een van die stede met die grootste besoedelingsprobleme in die wêreld. Daar is groot kommer oor die gehalte van die lug. “Tot nou toe is daar feitlik geen studies oor die invloed van besoedeling op elite-atlete gedoen nie. “Ek meen egter atlete se vertonings en gesondheid gaan nié op die lang termyn negatief deur die besoedeling beïnvloed word nie,” het Tucker gister gesê. Volgens Tucker is dit byna dieselfde geval as op die Spele van 1968 in Mexiko toe die hoë lugdruk ’n baie groot rol in die atlete se vertonings gespeel het. “Niemand weet egter wat in Beijing gaan gebeur nie, want dit sal van individu tot individu verskil,” het Tucker verduidelik. Haile Gebrselassie, ’n tweemalige Olimpiese kampioen, is ’n asmalyer en die eerste hoëprofiel-atleet wat reeds aangedui het hy gaan nié aan die marathon op vanjaar se Spele deelneem nie. Gebrselassie meen die besoedeling sal langtermyn-skade aan sy gesondheid doen. Hy het egter aangedui hy sal dalk aan die korter 10 000 m-wedloop deelneem. Die top-atlete hardloop ’n marathon net oor 2 uur en ’n 10 000 m-wedloop word in minder as 30 minute afgelê. Die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) het gesê hy sal dit oorweeg om die langafstandnommers te herskeduleer as die gehalte van die lug nie na wens is nie. Maar Tucker meen Gebrselassie se onttrekking aan die marathon is ’n drastiese stap, omdat dit in die korter afstande is wat die besoedeling hom dalk meer sou affekteer. “Ek sien geen rede waarom hy (Gebrselassie) nie aan die marathon kan deelneem nie. Dit is eintlik ironies omdat besoedeling in die korter 10 000 m dalk ’n groter faktor as in ’n marathon van 42,2 km sal wees,” sê Tucker.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|