Die Super14-rugbyspan van die Bulls het op Loftus Versfeld met sy eerste mooi “driekuns” van die seisoen seker gemaak dat die Brumbies stert tussen die bene terugkeer huis toe.
Dick Muir en Gary Gold is gister amptelik aangewys as Peter de Villiers se hulpafrigters vir die Springbok-rugbyspan, maar geen spanbestuurder is aangestel nie.
Die Stormers se plan vir die Super14-rugbywedstryd teen die Waratahs bly dieselfde, ongeag die feit dat die Hurricanes die tweede plek ingeneem het met hul oorwinning oor die Force.
Dagbreek en selfs die eerste paar flou strale in vanjaar se Super14-reeks het vir die Sharks groot belofte ingehou, maar ná ’n rits swak vertonings kan dit sommer al vandag nag vir die Durbaniete se kanse in dié reeks wees.
“Verwag ’n paar verrassings in die Springbokke se oefengroep,” het Peter de Villiers, die afrigter van dié rugbyspan, gesê.
Felipe Massa van Brasilië se liefdesverhouding met die Turkse Grand Prix het voortgeduur toe dié Ferrari-renjaer die pas aangegee het in die eerste oefenrondte op die Istanbul Park-baan.
’n Meer spannende einde in sport kry jy nie sommer as wanneer die sokkerspanne van Manchester United en Chelsea op die laaste dag van die Engelse seisoen sake om die Premierliga-titel uitspook nie.
Daar heers steeds onsekerheid oor watter stel reëls in vanjaar se Drienasies-reeks sal geld.
Die Cheetahs se netbalspan is op die wenpad.
James Perry van Neotel moes eers ’n virus klop en toe die stophorlosie voordat hy as die Suid-Afrikaanse individuele tydtoetskampioen gekroon is.
|
IETS WAT VANJAAR NIE GENOEG GESIEN IS NIEWynand Olivier, Springbok-senter van die Bulls, skuif oor die doellyn in gisteraand se Super14-wedstryd teen die Brumbies op Loftus Versfeld. Bryan Habana was by om hom te ondersteun. Lees die berig. Foto: Herman Verwey
Bepalings, uitslae en ander inligting oor die WB-kriekettoernooi van 2007 in die Wes-Indiese Eilande.
Hier is die bepalings en uitslae van 2007 se Drienasies-rugbyreeks. Drienasies-puntestand.
Hier is 2007 se Curriebeker-bepalings en -uitslae vir spanne in die Premierliga. Curriebeker-puntestand.
Die Hurricanes het op koers gebly in die Super14-reeks deur die Western Force in die Westpac-stadion in gietende reën met 21-10 te klop.
Die Lions het nog nie die wit vlag gehys nie en glo hulle kan in hul laaste twee Super14-rugbywedstryde daarin slaag om die houtlepel aan ’n ander span af te staan.
Daar word wel nie ’n toets in Centurion gespeel wanneer die Australiese krieketspan aanstaande jaar hier toer nie, maar die Titans-krieketunie is darem beloon met ’n Twintig20-wedstryd teen Ricky Ponting-hulle.
Al sal Jannie du Plessis, vaskopstut van die Sharks, straks as ’n spanmaat van sy broer Bismarck in die voorry sak, kan sy “ander boetie” vandag sy regstreekse teenstander wees.
Nie eens twee en halwe dae se swaarkry op lughawens kon LJ van Zyl in Doha, Katar, verhinder om ’n tweede keer vir die Olimpiese Spele in Beijing te kwalifiseer nie.
|