Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Wat is Twintig20-krieket?
Aug 29 2007 01:11:32:657PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Twintig20 is die jongste weergawe van die spel en word so genoem omdat elke span se kolfbeurt uit 'n maksimum van 20 boulbeurte bestaan.

Die tydsduur per kolfbeurt is 75 minute.

Dié vorm van die spel is die eerste keer in 2003 op graafskapvlak in Engeland gespeel en was so gewild dat dit gou regdeur die wêreld posgevat het.

Die eerste volwaardige internasionale twintig20-wedstryd is in Februarie 2005 tussen Nieu-Seeland en Australië gespeel.

Die Internasionale Krieketraad (IKR) het besluit om 'n wêreldtoernooi in te stel en het Suid-Afrika as die gasheerland vir die eerste reeks, in September 2007, aangewys.

Die volgende wêreldtoernooi vind in 2009 in Engeland en Wallis plaas.

Die IKR het 'n beperking geplaas op die getal internasionale Twintig20-wedstryde per span per jaar ten einde te verseker dat die status van toets- en eendagkrieket as die primêre weergawes van die spel behoue bly; en dat spelers nie ooreis word nie.

Die tydsduur van elke wedstryd - uitgesonder onderbrekings weens reën, ens. - is drie uur.

Oggendwedstryde (10:00-13:00), middagwedstryde (14:00-17:00) en aandwedstryde (18:00-21:00) sal gespeel word. Die eindstryd op die Wanderers op 24 September is vir 14:00-17:00 geskeduleer.

Hoe werk dit?

  • Elke span ontvang 20 boulbeurte waarin hy sy lopies moet aanteken.

  • Boulers mag elk ’n maksimum van vier beurte afstuur.

  • In die eerste sewe boulbeurte van ’n kolfbeurt word slegs twee veldwerkers buite die sirkel toegelaat.

  • Die minimum boulbeurte wat elke span moet trotseer sodat die wedstryd ’n uitslag kan hê, is sewe.

  • ’n Foutbal word met twee lopies gestraf en die kolwer het ’n vrypas wanneer die volgende aflewering afgestuur word. Met ander woorde hy kan nie geboul, gestonk, uitgevang of been voor paaltjie betrap word nie, maar kan wel uitgehardloop word.

  • As ’n wedstryd gelykop eindig, word die wenner deur middel van ’n boulstryd beslis. Vyf boulers van elke span sal elk twee aflewerings na die paaltjie boul en die span met die meeste trefslae wen. As die telling daarna nog gelykop is, word die wenner deur ’n valbylstryd bepaal.

  • Twintig20-tuisblad
  • Spanne
  • Groepe en puntestand
  • Bepalings en uitslae
  • Regstreekste telbord
  • Feite en rekords
  • Nog krieketnuus

  • Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |