Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Twintig20-krieket: Feite en rekords
Interessante feite en rekords tot dusver in Twintig/20-krieket: - Die aanvangskolwer van die Wes-Indiese Eilande, Chris Gayle, het die eerste kolwer geword wat 'n honderdtal in internasionale Twintig/20-krieket kon aanteken toe hy 117 lopies teen Suid-Afrika geslaan het. Dit het tien sesse ingesluit, die meeste tot nog toe in een beurt in hierdie soort krieket. - Die gewese Australiese eendagspeler Ian Harvey spog met die meeste honderdtalle in provinsiale Twintig20-krieket, naamlik drie. - Nog ’n Aussie, Andrew Symonds, se honderdtal vir Kent teen Middlesex is die vinnigste in blitskrieket. Hy het dit van slegs 34 balle af behaal. - ’n Australiese spanmaat van Symonds, Cameron White, spog met die hoogste telling. Hy het ’n onoorwonne 141 vir Somerset teen Worchesterhire gemoker. - White en die Engelsman Graeme Hick deel die rekord vir die meeste sesse in blitskrieket, naamlik 47. - Die Diamond Eagles se Cliffe Deacon is die suinigste blitsbouler ter wêreld. Dié hotklou-naatbouler het tot nou toe 5.52 lopies per beurt afgestaan. - Die duurste ontleding deur ’n bouler is die 66 lopies wat Riaz Afridi in ’n blitswedstryd in Pakistan afgestaan het. - Die beste ontleding behoort aan die linkerhandse draaier Sanjeewa Roshan, wat 6/15 in vier beurte in ’n Twintig20-wedstryd in Sri Lanka geneem het. - Sri Lanka het tot dusver die grootste oorwinning in die Twintig/20-Wêreldbeker behaal toe hulle Kenia met 172 lopies geklop het. Hul telling van 260/6 was ook die hoogste tot nog toe.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|