Leserfoto's
Kyk na nuus- en ander foto's van ons lesers. Stuur jou foto na mystorie@beeld.com.
Beeld
Matriekuitslae 2008
Beeld publiseer uitslae soos dit van die dept. van onderwys ontvang word.
  • Kliek hier vir die matriekuitslae.
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    SA kan Aussies van troon afstamp
    Mar 14 2008 06:16:32:100AM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Johann de Jager


    Dhaka (Bangladesj). – Die Suid-Afrikaanse krieketspan sal weer die eerste plek op die wêreldranglys vir eendagspanne beklee as hy vandag hier ’n derde agtereenvolgende sege oor Bangladesj behaal.

    Die Proteas was binne trefafstand van die Aussies ná Indië se verrassende sege in die onlangse driehoekige reeks oor Australië.

    Australië is ’n kortkop voor Suid-Afrika op die ranglys, maar ’n sege van 3-0 oor Bangladesj sal die Proteas verby die Aussies laat skuif.

    Die naatbouler André Nel sal nie vandag speel nie omdat Dale Steyn en Morné Morkel bouloefening voor die toer na Indië moet kry.

    “ ’n Ander moontlike verandering is dat Alviro Petersen ná die val van die eerste paaltjie sal gaan kolf. Hashim Amla sal dan plekke met hom op nommer ses ruil,” sê die afrigter, Mickey Arthur.

    Mohammad Ashraful is gister deur plaaslike koerante vir sy sukkelvertonings met die kolf die afgelope maand gekruisig.

    Dié kaptein van die Tiere is in eergister se tweede wedstryd met die vierde aflewering na hom op skerpby vir ’n nulletjie van Nel se boulwerk af uitgevang. Hy het in die eerste wedstryd 15 aflewerings benodig om sy eerste lopie te kry voordat hy vir net agt van 24 balle af been voor paaltjie betrap is.

    Ashraful meen hy was net ongelukkig. Hy het Raqibul Hasan (63) ná eergister se nederlaag verkwalik omdat hy sy paaltjie met ’n onbesonne hou weggesmyt het.

    Ashraful, een van die kolwers wat vroeg uit is, het die tuisspan op 18/4 in die moeilikheid gelaat.

    Die spanne is:

    Suid-Afrika: Graeme Smith (k), Herschelle Gibbs, Alviro Petersen, AB de Villiers, JP Duminy, Hashim Amla, Albie Morkel, Johan Botha, Paul Harris, Morné Morkel, Dale Steyn.

    Bangladesj (uit): Mohammad Ashraful (k), Tamim Iqbal, Junaid Siddique, Shahriar Nafees, Nazim Uddin, Saqibul Hasan, Raqibul Hasan, Abdur Razzak, Dhiman Ghosh, Farhad Reza, Mashrafe Mortaza, Shahadat Hossain, Syed Rasel en Mosharraf Rubel.

    TV: Van 05:00 af op GDN en SS 2.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |