Slegter as hoenderspel kan dit nie
Ai, droefheid, maar dis 'n gesukkel om daai All Blacks onder te kry!
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Boucher en Kallis skitter
    Apr 20 2008 09:48:19:983PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Johann de Jager

    Die Proteas se Jacques Kallis (25, 24 b) en veral Mark Boucher (39*, 19 b) het Bangalore se Royal Challengers gister tot hul eerste oorwinning in die Indiese Premierliga in Moembai gekolf.

    Nog ’n Suid-Afrikaner Shaun Pollock (28, 12 b) het die Mumbai Indians vroeër gehelp om 165/6 aan te teken.

    Boucher was onoorwonne toe die Challengers (166/5) die wenlopie behaal het.

    Dit het vroeër gelyk of Pollock met sy kolf en ekonomiese boulwerk (0/17) die wedstryd vir die In?dians gaan wen.

    Boucher en Kallis se 55 lopies om die vyfde paaltjie het die besoekers binne bereik van ’n sege gekry.

    Die Australiër David Hussey, die broer van Mike Hussey wat Saterdag ’n blitsige honderdtal vir die Chennai Super Kings gemoker het, het gister in die Kolkata Knight Riders se sege van vyf paaltjies oor Hyderabad se Deccan Chargers ook sy slag met die kolf gewys.

    Dié wedstryd, wat op ’n verbrokkelende kolfblad beslis is, is kort voor die einde in chaos gedompel toe van die spreiligte op Eden Gardens afgegaan het.

    Die Knight Riders het op 89/5 nog 22 lopies van 20 aflewerings benodig toe spel weer hervat is.

    Hussey (38*, 43 b) se ses van die laaste aflewering van die 19de boulbeurt was die wenlopies. Dit was die Knight Riders (112/5) se tweede agtereenvolgende sege.

    Die Chargers is vroeër vir net 110 lopies uit.

    Die Knight Riders het hul groot held van die eerste wedstryd Brendon McCullum (5) vroeg verloor.

    Mike Hussey het Saterdag in Chandigarh die Super Kings met ’n onoorwonne 116 van net 54 balle af gehelp om 240/5 aan te teken om die Punjab Kings met 33 lopies te klop.

    Die Delhi Daredevils (132/1 in 15.1 bb) het die Rajasthan Royals met nege paaltjies geklop.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |