Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Harbhajan in die sop ná hy Sreesanth klap
Moembaai. – Die Indiese Krieketraad sê Harbhajan Singh het die Raad in die steek gelaat deur sy landgenoot Shanthakumaran (Sree) Sreesanth te klap. Harbhajan is Saterdag geskors hangende ’n dissiplinêre verhoor vandag. Die voorval wat Vrydag tydens ’n wedstryd in die Indiese Premierliga (IPL) plaasgevind het, het die voorblaaie van koerante in dié krieketdol-land die naweek oorheers. “Ek voel teleurgesteld,” het die raad se administratiewe hoofbeampte, Ratnakar Shetty, aan die Sondagkoerant Hindustan Times gesê. “Hierdie tipe gedrag is ongehoord, skandalig.” Die raad het vanjaar ná ’n onsmaaklike voorval in Australië vir Harbhajan in die bresse getree. Dié wegbreekbouler was aanvanklik vir drie toetse geskors nadat hy daaraan skuldig bevind is dat hy rassistiese aanmerkings teenoor die veelsydige speler Andrew Symonds gemaak het, maar die vonnis is daarna ná ’n appèl versag tot ’n boete op ’n minder ernstige aanklag. Singh het ná Symonds as ’n aap verwys. “As die spelers hierdie toernooi ligtelik opneem, is dit tyd dat hulle besef dit is ernstige krieket ... wanneer die raad agter sy spelers staan, beteken dit nie hy sal enige wangedrag verdra nie,” het Shetty gesê. Harbhajan is een van die land se mees suksesvolle draaiboulers, maar sy dissiplinêre rekord is swak. Hy is selfs vroeg in sy loopbaan uit die Indiese Raad se nasionale krieketakademie geskop. “Ons sal nie dinge onder die mat invee nie,” het die IPL-wedstrydskeidsregter en beoordelaar Farokh Engineer aan Indiese media gesê. – Reuters
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|