Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Gilly verwoes Polly se boulsyfers met sy 109*
Apr 27 2008 08:20:38:037PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Sportredaksie


Adam Gilchrist van die Deccan Chargers het die Mumbai Indians gister in Moembai ’n krieketles geleer in die Indiese Premierliga.

Dié Australiese hotklou het ’n onoorwonne 109 lopies van slegs 48 balle af gemoker om die besoekers na ’n verwoestende sege van tien paaltjies te help. Die Chargers het slegs 12.4 beurte benodig om die wenteiken van 155 te bereik.

Die Kings XI Punjab het die Delhi Daredevils in die eerste wedstryd gister in Mohali met vier paaltjies verslaan.

Shaun Pollock, die Indians se kaptein, het geen raad met Gilchrist se breë kolf gehad nie. Selfs nie eens Pollock se akkurate boulwerk kon die Aussie in toom hou nie.

Dié gewese Australiese paaltjiewagter het die vinnigste honderdtal in die blitsreeks behaal en slegs 41 balle benodig om dié mylpaal te bereik. Hy het die tuisspan se boulers behoorlik laat les opsê en het tien sesse en nege viere gemoker.

Sy aanvangsmaat, die kaptein VVS Laxman, het slegs 36* aangeteken.

Die Indians se top-orde het vroeër gesukkel teen die Chargers se suinige boulwerk. Met die voorste kolwers terug in die kleedkamer met die telling op 55/4, het Pollock (31), Abhishek Nayar (34) en Dwayne Bravo (34) toegesien dat die tuisspan 154/7 aanteken.

) Die Daredevils, wat deur Virender Sehwag aangevoer word, het vroeër 158/8 aangeteken waarna die Kings die wenteiken bereik het toe daar nog drie balle oor was.

Die Australiër Simon Katich was die Kings se kolfheld. Hy het 75 lopies van 52 balle af gemoker, waarna die kaptein Yuvraj Singh die wa deur die drif getrek het vir die tuisspan deur ’n onoorwonne 40 van 29 balle te moker.

Byna al die Daredevils se kolwers het goed begin, maar nie een kon hierop voortbou om die span van Delhi te help om ’n groter telling aan te teken nie. Gereelde deurbrake deur die tuisspan het die besoekers verhinder om hul beurt met groot vennootskappe te bou. Die naatbouler Vikram Singh het 3/29 in sy vier boulbeurte vir die Kings geneem.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |