Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Titans kry vet tjeks ná 2 seges
Die Titans-krieketspelers kan almal ’n lekker vet bonustjek verwag nadat hulle die seisoen afgesluit het as die suksesvolste span in die land. Pierre Joubert-hulle sal in die annale van Titans-krieket verewig as die eerste span wat twee trofeë in een seisoen kon verower. Nog nooit sedert die velskoendae van die eertydse Noord-Transvaal en daarna Noordelikes, kon ’n span van Pretoria en later Centurion twee plaaslike titels in een seisoen agter hul naam skryf nie. Sedert Joubert die kapteinskap teen die middel van die seisoen oorgeneem het, het die Titans eers die eendaagse reeks en nou ook die Pro20-titel verower. Andy O’Connor, die voorsitter van die Titans, het gister bevestig daar word in die spelers se kontrakte voorsiening gemaak vir bonusse as hulle die trofeekas vul. Hy wou nie bevestig hoeveel die spelers gaan kry nie, maar na verneem word, is dit ’n aardige bedraggie wat die koskaste in die af-seisoen vol hoort te hou. Hy het ook die omstredenheid wat daar in Vrydagaand se eindstryd was toe Pybus bevele met ’n tweerigting-radio aan die twaalfdeman, Brendon Reddy, langs die grenstou gestuur het, afgemaak as niks om oor opgewonde te raak nie. Die televisie-kommentators het melding gemaak dat Pybus teen die reëls van die spel opgetree het en dat dit nie toelaatbaar is nie. “Dis snert,” sê O’Connor.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|