Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Dale ry aan pen in sy buiging
Apr 28 2008 08:46:42:657PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Bangalore. – Dale Steyn sal sy eerste wedstryd in die Indiese Premierliga liefs gou wil vergeet.

Dié Suid-Afrikaanse blitsbouler, wat Vrydagaand die Titans gehelp het om die Pro20-reeks te wen, het goed begin vir die Bangalore Royal Challengers, maar het in die eindbeurte kwaai deurgeloop teen die Chennai Super Kings.

Die Super Kings, wat deur die Suid-Afrikaner Kepler Wessels afgerig word, het die Bangalore Royal Challengers met 13 lopies geklop.

’n Blitsbeurt deur die Indiese held Mahendra Singh Dhoni het die Chennai Super Kings gehelp om hul onoorwonne status in die Indiese Premierliga te behou.

Dhoni het 65 van slegs 30 balle af (9 x 4, 3 x 6) gemoker en die Super Kings het sodoende ’n mededingende telling van 178/5 aangeteken.

Die Challengers het hul jaagtog goed afgesit. Wassim Jaffer (50) en Ross Taylor (53) het ’n goeie grondslag gelê en die tuisspan was op 127/2 ná 14 beurte goed op pad na hul tweede sege.

Die verlies van Jacques Kallis (14 van 10 balle af) se paaltjie het egter ’n insinking ingelui.

Die manne van Bangalore het hul laaste agt paaltjies vir slegs 38 lopies verloor.

Hulle is uiteindelik vir 165 uitgehaal in die 20ste boulbeurt.

Dhoni het vroeër goeie ondersteuning van Michael Hussey (47) gekry.

Steyn het slegs een lopie in sy eerste beurt afgestaan, maar het deurgeloop vir 39 in sy volgende drie.

Dhoni het 24 lopies van Steyn se laaste beurt (die 19de gemoker). Dit het ’n ses en vier viere ingesluit. Steyn se spanmaat Kallis (0/36) is ook gestraf.

Die naatbouler Albie Morkel (1/38), wat saam met Steyn Vrydagaand vir die Titans op Kingsmead gespeel het, het darem sy veldtog vir die Super Kings op ’n wennoot begin, hoewel hy ook deurgeloop het.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |