Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
IKR kry kritiek oor Speed-behandeling
Londen. – Die gewese president van die Internasionale Krieketraad (IKR) Ehsan Mani het gesê dié beheerliggaam kan geloofwaardigheid verloor ná die “skandalige behandeling” wat die uittredende uitvoerende hoof, Malcolm Speed, ontvang het. Mani is die jongste kritikus van die IKR-direksie. Die IKR is in die spervuur nadat Speed Vrydag op betaalde verlof geplaas is tot en met sy kontrak in Julie verstryk. Speed het koppe gestamp met die huidige president, Ray Mali, en ander lede van die direksie. “Ek is baie teleurgesteld met die manier waarop Malcolm behandel is,” het Mani gesê. “Hy het die IKR met groot lojaliteit en onderskeiding gedien. Ek glo as daar verskille was, kon dit met geslote deure bygelê word. Die manier waarop die direksie dit hanteer het, is ’n skande. As hy hom nie regruk nie, gaan hy (die IKR) geloofwaardigheid inboet,” het Mani gesê. Mani het gepraat ’n dag nadat Krieket Australië ook sy misnoeë oor die einde van Speed se termyn uitgespreek het. Mani, ’n Pakistani wat deesdae in Londen woon, was voorsitter van die IKR se finansies-en-bemarkingskomitee voor sy presidentstermyn van 2003 tot 2006. Die probleme tussen Speed en die direksie spruit glo uit die IKR se hantering van ’n oudit van Zimbabwe Krieket se finansies. Daar is ernstige finansiële ongerymdhede gevind. – Reuters
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|