Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Charl is klaar met Proteas
Kaapstad. – Charl Langeveldt is klaar met Suid-Afrika se krieketspan. Dié Kaapse swaaibouler het in die naweek ’n kontrak met die Engelse graafskap Derbyshire onderteken. Hy sal dié graafskap die volgende twee jaar as ’n Kolpak-speler verteenwoordig. As ’n Kolpak-speler moet Langeveldt homself as ’n plaaslike speler in Engeland verklaar en bevestig dat hy nie meer beskikbaar is om vir Suid-Afrika te speel nie. Hoewel Langeveldt steeds aanstaande seisoen vir die Cape Cobras kan speel, is sy besluit beslis ’n verlies vir die Proteas, veral vir die eendagspanne. Dié swaaibouler sou Krieket Suid-Afrika (KSA) vandeesweek ingelig het of hy ’n kontrak by dié beheerliggaam sou onderteken. Sy besluit om ’n Kolpak-kontrak te onderteken, beteken hy het besluit om ’n nasionale kontrak van die hand te wys. Langeveldt het ’n skrikbewind gevoer in die onlangse Pro20-reeks. Hy sou beslis ’n staatmaker vir die eendaagse span in die komende reeks in Engeland gewees het. Hy het die rekord vir die meeste paaltjies in ’n seisoen (12) oortref. Sy 18 paaltjies het teen ’n verstommende gemiddeld van 6.66 behaal en hy het net 5.21 lopies per beurt afgestaan. Hy het die Cobras gehelp om die groepfase van die reeks onoorwonne af te sluit. Langeveldt was ietwat teleurstellend in die halfeindstryd teen die Titans en die Cobras kon nie die wa deur die drif trek teen die manne van die Noorde nie. Sy ervaring sal egter in die nasionale groep gemis word. Ná Shaun Pollock se uittrede vroeër vanjaar, sou hy waarskynlik ’n belangriker rol gespeel het. Hy kon selfs saam met Makhaya Ntini die boulaanval in kitskrieket begin het. Langeveldt se vermoë om die bal te swaai, sou ook baie waardevol in Engelse toestande gewees het. Daar word al die afgelope twee maande – sedert hy hom aan die Suid-Afrikaanse toerspan vir die Indiese toer onttrek het – druk bespiegel dat Langeveldt die Kolpak-roete sou volg Hy word vanjaar 34 en dit is wanneer spelers aan hul toekoms begin dink.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|