Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Suid-Afrika sal vinnig op dreef moet kom in Engeland
Kaapstad. – Suid-Afrika se krieketspan sal baie vinnig op dreef moet kom in Engeland. Die Suid-Afrikaanse spanbestuur is nie bekommerd nie dat die meerderheid van die nasionale spelers aan die vooraand van die belangrike reeks teen Engeland in die Twintig20-toernooi in Indië speel. Maar terwyl hulle in Indië in die IPL-reeks speel, speel die Engelse drie toetse en vyf kitswedstryde teen Nieu-Seeland. Die Suid-Afrikaners vertrek einde Junie na Engeland vir ’n reeks van vier toetse, vyf eendaagse- en twee blitswedstryde. Die Indiese Premierliga (IPL) eindig op 1 Junie. Die Suid-Afrikaners sal net ’n paar weke by die huis kan rus voordat hulle in Durban vir ’n oefenkamp aanmeld. Vincent Barnes, hulpafrigter van Suid-Afrika, sê dis maar hoe dit in hedendaagse krieket gaan. “Jy speel so baie dat jy nie soos in die verlede ’n paar oefenwedstryde kan speel nie,” het Barnes gister gesê. Suid-Afrika sal voor die eerste toets net twee driedaagse opwarmwedstryde teen onderskeidelik Somerset en Middlesex speel. Die kragmeting kan egter ver verwyder van die ware Jakob wees. Barnes sê dit is makliker om aan Engelse toestande gewoond te raak as aan dié op die subkontinent. “Hoewel jy aan die kolfblaaie gewoond moet raak, is die klimaat darem nie ’n probleem soos op die subkontinent nie. Jy kan gou aanpas, sê Suid-Afrika se hulpafrigter.” Net vier lede van die span wat Suid-Afrika se laaste toets in Indië begin het, speel nie in die IPL-reeks nie.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|