Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Kwotabeleid laat goeie spelers pad vat, sê Dippenaar
May 02 2008 07:42:42:330PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Boeta Dippenaar, voormalige Protea-kolwer, het uitgevaar teen Suid-Afrika se rassekwota-stelsel in onder meer krieket en ’n beroep op sy land gedoen om dié beleid te verander sodat daar nie nog spelers soos Kevin Pietersen verlore gaan nie.

Dippenaar is verlede maand as president van die Suid-Afrikaanse Krieketspelersvereniging aangewys.

Hy het in Januarie sy uittrede uit internasionale krieket aangekondig en speel tans graafskapkrieket vir Leicestershire.

Dié 30-jarige kolwer het ’n beroep op administrateurs gedoen om die sport met die fokus op krieket, en nie politiek nie, te beheer.

“Hulle moet seker maak ons as sportmanne word op vaardighede geoordeel. Ons beweeg op gevaarlike terrein wanneer ons begin sê ‘x’ aantal spelers moet wit wees en ‘x’ moet gekleurd wees.

“Ons gee nie om as die hele span swart is nie en dit die beste span is. Regdeur die hele transformasieproses het baie patriotisme in die slag gebly.

“Krieket Suid-Afrika is verbind tot ’n beleid van rasse-transformasie wat daarop gemik is om ongelykhede van die ver-lede aan te pak.”

Maar Dippenaar sê dit kan aspirerende spelers ontmoedig.

“Ongelukkig sal mense met voornemens om vir Suid-Afrika te speel na dese twee keer dink.

“Ek het nog altyd gesê die spel moet omring word deur mense wat krieketbelange op die hart dra en nie mense met politieke belange nie. Daar is ’n verskil.”

Pietersen, gebore en getoë in Suid-Afrika, het die land as 18-jarige verlaat vir ’n loopbaan in Engeland met die rassekwotastelsel as een van sy redes daarvoor.

Dié speler van Hampshire het sedertdien in een van die wêreld se voorste kolwers ontwikkel. Hy was een van die eerstes wat dié skuif gemaak het, waarop ’n uittog gevolg het.

Dippenaar is een van ses Suid-Afrikaners wat vandeesweek vir Leicestershire op Edgbaston teen Warwickshire in aksie is vanweë Europese wetgewing wat dit toelaat.

“Geen land kan dit bekostig om ’n speler soos Pietersen te verloor nie. Dit plaas ’n vraagteken oor of ons die regte dinge doen. Ons moes nooit toegelaat het dat ’n speler van sy kaliber deur ons net val nie.

“Kan jy jou Jacques Kallis en Kevin Pietersen in dieselfde Suid-Afrikaanse span voorstel? Dit sou ’n formidabele kolflys gemaak het.” – Reuters


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |