Stem, dalk kom gunsteling op CD
Kies self watter Suid-Afrikaanse kunstenaars se musiek jy graag saam op 'n CD wil hê.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Pakistan verslap strop om Akhtar se nek effens
May 05 2008 09:04:22:037PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Karatsji. - Die Pakistanse Krieketraad (PKR) het sy strop om Shoaib Akhtar se nek verder verslap deur die lastersaak teen hom terug te trek.

Dit volg nadat sy skorsing van vyf jaar die naweek vir ’n maand opgehef is voordat ’n tribunaal aanstaande maand oor sy lot sy besluit. Hy kan intussen in die Indiese Premierliga (IPL) speel.

Akhtar is verlede maand vir vyf jaar geskors nadat hy die PKR se gedragskode oortree het deur die raad te kritiseer nadat hy nie vroeër vanjaar ’n nasionale kontrak gekry het nie. Hy het die PKR daarna verder gekritiseer, wat die krieketbaas Nasim Ashraf genoop het om hom vir bykans R23 miljoen te dagvaar.

Akhtar het tydens ’n televisieprogram gesê dat Ashraf, voorsitter van die PKR, op ’n deel van sy salaris aangedring het wat hy in die IPL sou verdien. Hy het ook gesê dat die krieketbaas geld geëis het van ander Pakistanse spelers.

“Ek het die lastersaak teruggetrek omdat my naam in ere herstel is nadat Akhtar om verskoning gevra het oor sy ongegronde aanmerkings,” sê Ashraf.

“Dit het oor die beginsel gegaan; ek het hom daarvoor vergewe.”

Te oordeel aan die jongste verwikkelinge is die wiele stadig maar seker aan die rol om Akhtar se skorsing op te hef. Die skorsing het sy internasionale loopbaan so te sê beëindig.

Akhtar gaan vir die Kolkata Knight Riders. Dié franchise het hom vir sowat R3.5 miljoen gekoop tydens die spelerveilings. - Sapa-AFP en Cricinfo


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |