Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Pietersen het in SA leer wen
Londen. - Die Suid-Afrikaner van geboorte Kevin Pietersen sê hy het sy beste eienskappe as krieketspeler en sportman te danke aan die feit dat hy in Suid-Afrika grootgeword het. Pietersen, nie juis bekend as iemand wat ooit iets goeds oor sy geboorteland te sê het nie, gee in ’n onderhoud wat in die afgelope naweek in Brittanje gepubliseer is, te kenne dat baie van sy beste eienskappe op die sportveld uit sy Suid-Afrikaanse opvoeding spruit. In die onderhoud wat in You, die naweektydskrif van die Mail on Sunday verskyn het, sê hy dat Engelse sportspanne swak vaar omdat Engelse kinders nie grootgemaak word met die wil om te wen nie. ”Hulle sal nie so mededingend en passievol wees soos ek die mense van Suid-Afrika en Australiër leer ken het nie.” Hy sê die Engelse is té gaaf en word nie as kinders aangemoedig om ten alle koste te wen nie. Hoewel die Engelse graag klem lê op die deelname eerder as die oorwinning, sê Pietersen hulle het die kat aan die stert beet. ”Ek weet hoe baie (Engeland) daarvan hou om Australië te klop. So waarom kweek hulle nie ‘n wenmentaliteit nie?” Pietersen, wat vier maande gelede getroud is met die popsangeres Jessica Taylor, sê hy is nou baie meer rustig. ”As jy ouer word, word jy meer aangenaam en wil jy met jou eie gesin begin. “Jy kan nie die hele dag hierdie testosteroon-kind wees nie.” Pietersen sê hy beplan om die res van sy lewe in Engeland te bly. ”Engeland het my die geleentheid gegee om hier te speel. “Ek is vasbeslote om hier te bly totdat ek ‘n baie ou man is,” het Pietersen aan die tydskrif gesê.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|