Madiba in Orania
Op 15 Augustus 1995 het Madiba Orania besoek. Dana was daar.
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Rebelle se kans is skraal om hier te speel
    May 06 2008 09:03:38:680PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Andrew Hall
    Altus Momberg


    Kaapstad. – Suid-Afrika se Indiese Krieketliga-rebelle gaan nie in die afsienbare toekoms plaaslike krieket speel nie.

    Andrew Hall, Justin Kemp en Johan van der Wath het verlede week hul appèl teen die Engelse Krieketraad (ECB) gewen om toegelaat te word om graafskapkrieket te speel.

    Hulle is drie van die agt Suid-Afrikaners wat vanjaar in die IKL gespeel het en dus nie meer in Suid-Afrika mag speel nie.

    Hall het verlede week, nadat hy sy appèl gewen het, gesê hy hoop dat hulle nou dieselfde druk op Krieket Suid-Afrika (KSA) kan plaas om weer in Suid-Afrika te speel.

    Tony Irish, uitvoerende hoof van die SA Krieketspelersvereniging (Saca), het egter gister bevestig dat die appèlsaak in Engeland geen betrekking op Suid-Afrika het nie.

    “Daar is geen verbod van Krieket Suid-Afrika op spelers wat in die IKL speel nie. Daar is wel ’n vertrouensakkoord tussen die die verskillende streekspanne om nie dié spelers te kies.

    “ ’n Mens kan nie ’n span dwing om iemand te kies nie. Die spelers sal dus nie kan speel tot en met een van die streekspanne die vertrouensakkoord verbreek nie,” het Irish gesê.

    Niks verhoed egter een van die streekspanne om een van die rebelle te kies nie. Sulke informele ooreenkomste is al voorheen in sport gesystap.

    Daar was ’n vertrouensakkoord tussen die graafskappe in Engeland oor die aantal Kolpak-spelers wat hulle sou toelaat. Dit het nie eens ’n seisoen gehou nie.

    Die IKL is een van twee Twintig20-reekse wat tans spelers na Indië lok. Waar die Indiese Premierliga egter amptelik erken word deur die Indiese Krieketraad (BCCI) en die Internasionale Krieketraad (IKR), het die IKL geen amptelike erkenning nie.

    Die BCCI is besig om intense druk op die res van die IKR se lidlande te plaas om te verhinder dat hul spelers aan die rebellereeks deelneem.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |