Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Titans toetsloos teen Australiërs
Die Titans-krieketunie gaan aanstaande seisoen wéér aan die agterste speen suig wat internasionale wedstryde betref. Soos dit twee jaar gelede die geval was, sal die wêreldkampioen, Australië, op sy toer nie ’n toets in Centurion speel nie. Die Titans, wat die afgelope paar jaar kwaai afgeskeep is wat internasionale toere betref, is ook verlede jaar oor die hoof gesien met die eerste Twintig20-Wêreldtoernooi. Dié unie sal aanstaande seisoen weer tevrede met ’n karige tweede prys moet wees – ’n toets teen Bangladesj van 28 November af tot 2 Desember. Asof dit nie genoeg afgewater is nie, word die uitdaag-gholftoernooi by Sun City, wat jaarliks duisende sportondersteuners van Gauteng lok, oor dieselfde tydperk beslis. Bangladesj is ook nie ’n span wat die toeskouers in hul duisendtalle gaan lok nie. Die bepalings vir die Australiese toer word eers vandag bekend gemaak, maar dit lyk na ’n uitgemaakte saak dat Centurion nie een van dié grotes sal aanbied nie. Die drie toetse teen die Aussies kan op die Wanderers, Nuweland en op Kingsmead gespeel word. “Dit is ’n terugslag dat ons weer nie ’n toets teen Australië aanbied nie,” het ’n woordvoerder van die Titans gister gesê. “Almal wil die Australiërs in aksie sien.” Centurion sal wel een van die eendag-kragmetings teen die Aussies aanbied. Dié toetse in Centurion is die afgelope paar jaar telkens die beste ondersteun, maar die Titans moes telkens tevrede wees met die ondergeskikte toetse. Bangladesj se toer in November bestaan uit twee toetse, drie eendagstryde en ’n Pro20-kragmeting, wat oudergewoonte op die Wanderers gespeel word. Die toer skop op 5 November met dié blitswedstryd af. Die eerste toets word in Bloemfontein gespeel. Willowmoorepark in Benoni en Potchefstroom bied ná ’n paar jaar se afwesigheid weer internasionale eendagwedstryde aan. Bangladesj se toerprogram is: 5 November: Pro20 (dag/aand), Johannesburg; 7 Nov: 1 ste eendaagse wedstryd (dag/aand), Potchefstroom; 9 Nov: 2 de eendaagse wedsrtyd (dag), Benoni; 12 Nov: 3 de eendaagse wedstryd (dag/aand), Oos-Londen; 15 tot 17 Nov: driedaagse toerwedstryd t SA A, Kimberley; 20 tot 24 Nov: Eerste toets, Bloemfontein; 28 Nov tot 2 Des: Tweede toets, Centurion.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|