Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Kolwers sal nie meer baljaar soos voorheen
May 08 2008 08:45:31:507PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Altus Momberg


Kaapstad. – Daar is uiteindelik hoop vir krieket se lankmoedige boulers.

Die Marylebone Krieketklub (MCC), die tradisionele beskermheer van dié sportsoort en sy reëls, het gister streng nuwe riglyne vir krieketkolwe aangekondig.

Boulers het die afgelope paar jaar kwaai deurgeloop. Die koms van blits?krieket en veral die tegnologiese vooruitgang van moderne kolwe het krieket by uitstek ’n spel vir kolwers gemaak.

Terwyl boulers oor die kole gehaal word vir balpeutery, het kolftegnologie met rasse skrede verbeter.

Dié reëlverandering sal verseker dat kolfstele slegs uit rottang, hout, tou en rubber mag bestaan.

Dit volg nadat kolfvervaardigers die laaste paar jaar begin het om materiaal soos grafiet en titanium te gebruik om die kolfstele sterker en kragtiger te maak.

Die MCC se hoof van krieketsake, John Stephenson, het in ’n verklaring gesê die nuwe reëls is deur 98.6% van sy lede goedgekeur.

“Dit is om die balans tussen die bal en die kolf te handhaaf. As die een die ander oorheers, word die spel voorspelbaar. Minder mense sal geniet om dit te speel en te kyk,” het Stephenson gesê.

“Spelers is deesdae groter, fikser en sterker as ooit tevore, wat beteken dat hulle die bal verder slaan. As die kolwe hulle dan ook te veel help, gaan die balans tussen bal en kolf heeltemal verloor word.”

Die nuwe reëls bepaal ook dat die lengte van die steel nie meer as 52 persent van die totale lengte van die kolf mag wees nie. Dié nuwe reël sal op 1 Oktober vanjaar in werking tree.

Mick Bellingham van ’n Suid-Afrikaanse vervaardiger het gister gesê dit is hoog tyd dat die MCC ingryp.

“Ons glo al ’n geruime tyd dat spelers met onwettige kolwe speel. Nie een van die kolwers wat ons borg, speel egter met onwettige kolwe nie,” het die vervaardiger gesê.

Mickey Arthur, die Protea-afrigter, glo nie die kolwers gaan sukkel om die bal oor die grenstou te kry nie.

“Ek glo dat die kolwe meer eenvormig sal wees.”


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |