Brood en sous
Ek kyk na oom Andries en sien vir oorle' Oupa, en Pa, en al my ooms wat so sit en brood en sous eet het ná ete.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


G’n toets, maar Centurion sien Aussies 2 keer
May 09 2008 10:05:45:297PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Ricky Ponting, kaptein van Australi?e krieketspan
Christo Buchner


Daar word wel nie ’n toets in Centurion gespeel wanneer die Australiese krieketspan aanstaande jaar hier toer nie, maar die Titans-krieketunie is darem beloon met ’n Twintig20-wedstryd teen Ricky Ponting-hulle.

Dit sal die eerste keer wees dat Suid-Afrika ’n Twintig20-wedstryd in Centurion speel.

Een van die vyf eendagstryde teen die Aussies word ook op SuperSportpark beslis. Albei wedstryde in Centurion word op ’n Sondag gespeel wat ’n volgepakte stadion sal verseker.

Die Australiese toer begin op 20 Februarie met ’n driedaagse wedstryd teen Suid-Afrika A in Potchefstroom.

Die drie toetse word op die Wanderers in Johannesburg, Kingsmead in Durban en Nuweland in Kaapstad beslis.

Die toer eindig teen die middel van April met die laaste toets.

St. Georgespark in Port Elizabeth, waar die Kerstoets teen die Wes-Indiese Eilande verlede jaar gespeel is, maar nie juis veel toeskouers opgedaag het nie, betaal klaarblyklik die prys daarvoor.

Dié stad kry net ’n eendagstryd teen die Aussies.

Dit is in elk geval ’n veld wat die Proteas verlede seisoen nie juis goedgesind was nie en die tuisspan het ’n paar kragmetings daar verloor.

Benewens Centurion speel die Aussies ook op die Wanderers ’n Pro20-kragmeting.

Die toerprogram is:

20 tot 22 Feb: driedaagse wedstryd t SA A (Potchefstroom); 26 Feb tot 2 Maart: 1 ste toets (Johannesburg); 6 tot 10 Maart: 2 de toets Durban); 19 tot 23 Maart: 3 de toets (Kaapstad); 27 Maart: 1 ste Pro20-wedstryd (Johannesburg); 29 Maart: 2de Pro20-wedstryd (Centurion); 3 April: 1 ste eendagkragmeting (Durban); 5 April: 2 de eendag (Centurion); 9 April: 3 de eendag (Kaapstad); 13 April: 4 de eendag (Port Elizabeth); 17 April: 5 de eendag (Johannesburg).


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |