Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Matthew speel weer vir Engeland krieket
May 11 2008 08:50:41:550PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Matthew Hoggard appelleer nadat hy Suid-Afrika se kaptein Graeme Smith in 'n toets in 2005 raakgeboul het. Foto: Gallo Images

Londen. – Die naatbouler van Yorkshire, Matthew Hoggard, is terug in die Engelse krieketspan vir die eerste toets teen Nieu-Seeland wat vandeesweek op Lord’s begin.

Hoggard, wat weggelaat is vir die laaste twee toetse in die onlangse wegreeks teen Nieu-Seeland, is gekies in die plek van die veelsydige Andrew Flintoff, wat weens ’n besering nie oorweeg is nie.

Paul Collingwood is ook in die groep ondanks twyfel oor sy fiksheid.

Die 31-jarige Collingwood ontvang behandeling vir ’n skouer-probleem.

“Alles moontlik word gedoen om te verseker Paul kan speel, maar as dit nie gebeur nie, is daar ander keuses tot ons beskikking,” sê Geoff Miller, ’n nasionale keurder.

Flintoff, wat meer as ’n jaar lank laas toetskrieket gespeel het, het gehoop om terug te wees ná ’n vierde enkel-operasie.

Hy is nie oorweeg nie nadat hy Saterdag ’n sybesering opgedoen het in ’n graafskapwedstryd.

Hy kan moontlik reg wees vir die derde en laaste toets wat op 7 Junie in Nottingham begin.

Die snelbouler Stephen Harmison, wat weggelaat is ná die eerste toets in Nieu-Seeland, is weer oor die hoof gesien, ondanks goeie vertonings vir Durham die afgelope paar weke.

“Met dié groep wil ons die kontinuïteit behou wat opgebou is met die twee seges in Nieu-Seeland,” sê Miller.

Die Engelse groep is:

Michael Vaughan (k), Tim Ambrose, James Anderson, Ian Bell, Stuart Broad, Paul Collingwood, Alastair Cook, Matthew Hoggard, Monty Panesar, Kevin Pietersen, Ryan Sidebottom en Andrew Strauss. – Sapa-AFP


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |