Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Shukri dalk nog vir twee seisoene ’n Cobra
Kaapstad. – Shukri Conrad gaan waarskynlik vir nóg twee seisoene die leisels by die Cape Cobras hou, skryf Altus Momberg . Conrad is die afgelope naweek ’n kontrak vir nog twee seisoene by dié Kaapse krieketspan aangebied. Dié afrigter moet egter nog be-sluit of hy die bepalings en voorwaardes van dié kontrak gaan aanvaar. ’n Komitee om die afrigter se vertonings te beoordeel – bestaande uit Mohammed Ebrahim, president van die Westelike Provinsie, André Odendaal, uitvoerende hoof, en die voormalige Bolandse paaltjiewagter Steve Palframan – het verlede week vergader. Die Cobras het die afgelope seisoen die halfeindrondes van die eendaagse- (45 beurte) en die Pro20-reeks gehaal en derde in die vierdaagse SuperSport-reeks geëindig. Dit was egter die span se gesukkel vroeg in die meerdaagse reeks wat probleme vir Conrad geskep het. Die Cobras kon nie verlede seisoen ’n enkele wedstryd in die meerdaagse seisoen wen nie en was in 17 wedstryde in dié reeks segeloos voordat hulle uiteindelik met die Dolphins op Nuweland afgereken het. Die vertonings van verskeie van die Cobra-spelers sou ook in Conrad se guns getel het. Conrad het byvoorbeeld verlede jaar in die winter hard gewerk aan Monde Zondeki se boul?aksie en dié bouler het 62 paaltjies in die afgelope eersterangse seisoen laat kantel.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|