Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Samuels in sop ná bandopname
May 13 2008 09:18:24:677PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Marlon Samuels is twee jaar lank geskors ná 'n gesprek met 'n beroepswedder. Foto: Gallo Images

Bridgetown (Barbados). – Die Wes-Indiese krieketspeler Marlon Samuels is twee jaar lank geskors nadat hy die reëls oortree het wat wedstrydknoeiery moet verhoed.

Samuels is daaraan skuldig bevind dat hy die reël oortree het wat spelers verbied om enige vergoeding te ontvang vir iets “wat die spel van krieket in onguns kan bring”.

Die skorsing hou glo verband met ’n voorval in Februarie 2007 toe lede van die Indiese polisie ’n bandopname van ’n gesprek oor wedstrydaangeleenthede tussen Samuels en ’n beroepswedder gemaak het.

Samuels het die bewerings ontken.

’n Tugkomitee van die Wes-Indiese Krieketraad (WICB) het aanbeveel dat sy skorsing opgeskort moet word.

Die Internasionale Krieketraad (IKR) het egter gister in ’n verklaring gesê dat die minimum straf vir dié oortreding ’n skorsing van twee jaar is. Die IKR het later bevestig dat Samuels wel vanaf 9 Mei vir twee jaar geskors is.

David Richardson, waarnemende uitvoerende hoof van die IKR, het hom gister sterk teen knoeiery uitgespreek.

“Korrupsie in krieket is ’n baie ernstige saak. Al die lidlande van die IKR het oor minimum strawwe saamgestem,” het Richardson gesê.

“Dit is nooit lekker wanneer ’n speler geskors moet word nie, maar die proses wat tot in dié stadium gevolg is, was ’n deeglike een.

“Ons hoop dat dié saak ’n voorbeeld vir alle spelers en skeidsregters moet wees om waaksaam (teen korrupsie) te wees.” – Sapa-AP en www.cric?info.com


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |