Nuwe matriekfoto's
Baie nuwe matriek-foto's is gepubliseer. Gaan kyk daarna. Stuur jou foto vir die JIP/Glitz-kompetisie na jip@beeld.com.
Beeld
Praat met ons joernaliste!
Marga Ley vra of dieremense onhigiënies is, Alet Rademeyer skryf oor dissipline in skole, Ferdi Greyling sê vir wie jy moet stem...en die rugbystryd woed voort.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Ryk kies Spele bo Hollywood-liggies
Jul 24 2008 06:56:34:367AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Elsje Blair

Bloemfontein. - "The Bachelor", een van die VSA se gewildste realiteitstelevisieprogramme, soek Boerebloed.

Niemand anders nie as Bloemfontein se trots, die hubare vrygesel Ryk Neethling (30), Olimpiese swemheld, is genader om aan dié reeks deel te neem.

In dié reeks kry vrygeselle die kans om uit 'n klomp jong vroue die beste moontlike kandidaat te kies met die oog op 'n langer verbintenis.

Maar die Olimpiese goud blink helderder in Ryk se oë as Hollywood se liggies en hy het die aanbod van die hand gewys. Verfilming van die reeks sal in September in die VSA begin.

Neethling het gesê hy sien nie kans om ná die Olimpiese Spele in Beijing weer terug te keer na die VSA nie. "Ek wil ná die Spele net terugkom Suid-Afrika toe."

Neethling is tans in Tucson, Arizona, waar hy onder die wakende oog van sy afrigter, Frank Busch, oefen. Hy sal binnekort na Korea vertrek om aan 'n oefenkamp deel te neem.

Die aflosspan is volgens Dirk Lange, hoofafrigter van Swem Suid-Afrika, nog nie gekies nie en die kandidate moet nog sake uitspook vir 'n plek in die 4x100-vryslagaflos.

"Ek sien uit na Beijing. Ek gaan voluit gaan," het Neethling gesê.

Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |