Leserfoto's
Kyk na nuus- en ander foto's van ons lesers. Stuur jou foto na mystorie@beeld.com.
Beeld
Matriekuitslae 2008
Beeld publiseer uitslae soos dit van die dept. van onderwys ontvang word.
  • Kliek hier vir die matriekuitslae.
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote

    Olimpiese brokkies
    Aug 22 2008 05:22:49:353PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend

    Chinees lieg dalk oor ouderdom

    Beijing. - Die Internasionale Olimpiese komitee (IOK) het die Internasionale Gimnastiekfederasie (FID) versoek om ondersoek in te stel na die ouderdom van ’n Chinese vroue-gimnas wat dalk te jonk was om aan die Spele deel te neem.

    Daar is hardnekkige gerugte dat China se He Kexin 14 jaar oud is is en nie 16 soos sy aangedui het nie. Sy het ’n goue medalje op die ongelyke brug gewen en was ook ’n lid van China se span wat goud verower het.

    Volgens die British Times het die IOK snuf in die neus gekry nadat ’n Amerikaanse rekenaarkenner, Mike Walker, op Chinese regeringsdokumente op die internet afgekom het. Die dokumente is sedertdien verwyder, maar Walker hou vol dat He in 1992 gebore is en nie in 1994 nie soos haar paspoort aandui. -Sapa-DPA

    Spele gaan steeds geld maak

    Die Spele se begroting is miskien ver oorskry, maar die organiseerders sal steeds ’n wins maak, sê ’n gewese grootkop van die Chinese Olimpiese komitee.

    Die koste van die Spele is onlangs bereken op R16.8 miljard, heelwat meer as die oorspronklike beraming van R12.2 miljard wat in 2001 gemaak is.

    Volgens Wei Jizhong het hulle die koste onderskat, veral die totale koste van veiligheid omdat hulle die begroting voor die 9/11-terreuraanvalle moes indien. - Sapa-DPA

    Amerikaanse boksers teen planke

    Die VSA het sy swakste Olimpiese boksvertoning in 60 jaar gelewer en het slegs een bronsmedalje in die kryt gewen.

    Die swaargewig Deontay Wilder was die enigste Amerikaner wat vanjaar ’n medalje gewen het nadat hy gister in die halfeindronde deur Italië se Clemente Russo uitgeskakel is.

    Die VSA het laas in 1948 in Londen net een medalje in die kryt verower. Die Amerikaners het ses medalje in boks in Atlanta in 1996 gewen, vier in Sydney in 2000 en twee in Athene vier jaar gelede. - Sapa-AFP

    Atleet moontlik lewenslank geskors

    Lyumila Blonska, die Oekraïne se sewekamp-atleet wat positief getoets het vir die gebruik van ’n verbode middel, kan dalk lewenslank uit atletiek geskop word.

    Die 30-jarige Blonska het reeds ’n skorsing van twee jaar uitgedien nadat sy ook in 2003 positief getoets het vir die gebruik van opkikkers.

    Die IOK het reeds Blonska se silwermedalje weggeneem en haar uit die Spele geskop. Hy oorweeg ook stappe teen haar man en afrigter en het ook die die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies gevra om verdere stappe te doen.

    Die IOK het reeds 4 600 van ’n beplande 5 000 toetse vir opkikkers in Bejing gedoen. Blonska was die vyfde atleet wat uitgevang is. - Sapa-AFP

    Coe gee Chinese ’n pluimpie

    Die organiseringshoof van die Spele in Londen in 2012, Sebastian Coe, glo dat die Chinese hul bes gedoen het om die Spele aan te bied ondanks kritiek dat daar “geen pret” was nie.

    “Die stad het sy hart oopgemaak en mense meng soos in 1980 in Moskou. Ek dink dinge het dramaties verbeter die afgelope week,” sê Coe.

    Die organiseerders van die Spele in Londen hoop dat Brittanje se goeie vertoning in Beijing jong mense sal aanspoor om die televisie vir die oefenbaan te verruil.

    Londen neem môre die leisels as gasheerstad oor. Die rockgroep Led Zeppelin se kitaarspeler, Jimme Page, asook die Engelse sokkerspeler David Beckham gaan deel wees van die oorhandigingseremonie. - Sapa-AFP

    Indië soek goud in 2012

    Die Indiese bokser Vijender Kumar sê dat sy land op koers is om ’n goue medalje in boks te verower oor vier jaar in Londen.

    Kumar het Indië se eerste medalje ooit in boks gewen toe hy die halfeindronde van die middelgewig-afdeling bereik het. Twee ander Kumars, Akhil en Jitender, het albei die kwarteindronde bereik.

    Vijender, wat ook ’n deeltydse model is, is van die dorpie Kalwash in die noorde van Haryana. Sy pa is ’n busdrywer en moes oortyd werk om hom geldelik te help met sy loopbaan.

    Albei sy ouers is voor die Spele op ’n pelgrimstog na die Ganges-rivier om vir hom te bid. - Sapa-AFP

    VSA bereik goue mylpaal

    Die VSA het sy 1 000ste Olimpiese goue medalje gewen toe sy vroue-sokkerspan Brasilië met 1-0 in die eindronde geklop het.

    Carli Lloyd het die wendoel in bykomende tyd aangeteken nadat geen doele in normale tyd aangeteken is nie.

    Sokker is in die VSA is net so gewild onder meisies as seuns en dit was die vroue-span se derde goue medalje in vier probeerslae. - Sapa-AFP

    Tafeltennis wil ook sexy wees

    Maria Sharapova se uitrustings en die Williams-susters se uitspattige juweliersware gaan dalk nooit posvat onder tafeltennisspelers nie, maar dié sportsoort probeer nietemin om aantrekliker te raak vir toeskouers.

    Met los broeke en hemde wat aan die orde van die dag is in tafeltennis, het dit nog nooit die glans gehad van tennis nie en is dit ook nie so sexy soos strandvlugbal nie. Van die vroue in Beijing het wel ingestem om rompe te dra in ’n poging om groter skares te lok.- Sapa-AFP

    Phelps pryk op pap-bokse

    Die Amerikaanse swemster Michael Phelps kry van volgende maand af een van die VSA se tradisionele pluimpies.

    Phelps, wat ’n rekordtal agt goue medaljes in Beijing gewen het, sal voortaan op graanvlokkie-bokse op winkelrakke in die VSA pryk. - Sapa-AFP

    Chinees lieg dalk oor ouderdom

    Beijing. - Die Internasionale Olimpiese komitee (IOK) het die Internasionale gimnastiekfederasie (FID) versoek om ondersoek in te stel of die vroue-gimnaste te jonk was wat aan die Spele deelgeneem het.

    Daar is hardnekkige gerugte dat China se He Kexin 14 is en nie 16 soos hy aangedui het nie. Hy het ’n goue medalje op die ongelyke brug gewen en was ook deel van China se span wat goud verower het.

    Volgens die British Times het die IOK snif in die neus gekry nadat ’n Amerikaanse rekenaarkenner, Mike Walker, op Chinese regeringsdokumente op die internet afgekom het. Die dokumente is sedertdien verwyder, maar Walker hou vol dat He in 1992 gebore is en nie in 1994 nie soos haar paspoort aandui. - Sapa-DPA

    Amerikaanse boksers teen planke

    Die VSA het sy swakste Olimpiese boksvertoning in 60 jaar gelewer nadat die Amerikaners slegs een bronsmedalje in die kryt kon wen.

    Die swaargewig Deontay Wilder was die enigste Amerikaner wat vanjaar ’n medalje kon behaal nadat hy gister in die halfeindronde deur Italië se Clemente Russo uitgeskakel is.

    Die VSA het laas in 1948 in Londen net een medalje in die kryt verower. Die Amerkaners het ses medalje in boks in Atlanta in 1996 gewen, vier in Sydney in 2000 en twee in Athene vier jaar gelede. - Sapa-AFP

    Atleet moontlik lewenslank geskors

    Lyumila Blonska, Ukraïne se sewekamp-atleet wat positief getoets het vir ’n verbode middel, kan dalk lewenslank uit atletiek geskop word.

    Die 30-jarige Blonska het reeds ’n skorsing van twee jaar uitgedien nadat sy ook in 2003 positief getoets het vir opkikkers.

    Die IOK het reeds Blonska se silwer medalje weggeneem en haar uit die Spele geskop. Die liggaam oorweeg ook stappe teen haar man en afrigter en het ook die wêreld se beheerligaam vir atletiek gevra om verdere stappe te neem.

    Die IOK het reeds 4 600 van ’n beplande 5 000 toetse vir opkikkers in Bejing gedoen. Blonska was die vyfde atleet wat uitgevang is. - Sapa-AFP

    Coe gee pluimpie vir Chinese

    Die organiseringshoof van die Spele in Londen in 2012, Sebastian Coe, glo dat die Chinese hul bes gedoen het om die Spele aan te bied ten spyte van kritiek dat daar “geen pret” was nie.

    “Die stad het oopgemaak en mense meng soos in 1980 in Moskou. Ek dink dinge het dramaties verbeter die afgelope week,” sê Coe.

    Die organiseerders van die Spele in Londen hoop dat Brittanje se goeie vertoning in Beijing jong mense sal aanspoor om die televisie vir die oefenbaan te verruil.

    Londen neem môre die leisels as gasheerstad oor. Die rockgroep Led Zeppelin se kitaarspeler, Jimme Page, asook die Engelse sokkerspeler David Beckham gaan deel wees van die oorhandigingseremonie. - Sapa-AFP

    Indië soek goud in 2012

    Die Indiese bokser Vijender Kumar sê dat sy land op koers is om ’n goue medalje in boks te verower oor vier jaar in Londen.

    Kumar het Indië se eerste medalje ooit in boks gewen toe hy die halfeindronde van die middelgewig-afdeling bereik het. Twee ander Kumars, Akhil en Jitender, het albei die kwarteindronde bereik.

    Vijender, wat ook ’n deeltydse model is, kon van die dorpie Kalwash in die noorde van Haryana. Sy pa is ’n busdrywer en moes oortyd werk om hom te help betaal vir sy loopbaan.

    Albei sy ouers is voor die Spele op ’n pelgrimstog na die Ganges-rivier om vir hom te bid. - Sapa-AFP

    VSA bereik goue mylpaal

    Die VSA het sy 1 000ste Olimpiese goue medalje gewen toe sy vroue-sokkerspan Brasilië met 1-0 in die eindronde geklop het.

    Carli Lloyd het die wendoel in addisionele speeltyd aangeteken nadat gewone speeltyd geen doele opgelewer het nie.

    Sokker is die VSA is net so gewild onder meisies as seuns en dit was die vrouespan se derde goue medalje in vier probeerslae. - Sapa-AFP

    Tafeltennis wil ook sexy wees

    Maria Sharapova se uitrustings en die Williams-susters se uitspattige juweliersware gaan dalk nooit posvat onder tafeltennisspelers nie, maar die sport probeer nietemin om aantrekliker te raak vir toeskouers.

    Van die vroue in Beijing het ingestem om rompe te dra in ’n poging om groter skares te lok.

    Met los broeke en groot hempde wat aan die orde van die dag is in tafeltennis, het die sport nog nooit die glans gehad van tennis nie en ook nie die seksuele aantrekingskrag van strandvlugbal nie. - Sapa-AFP

    Phelps vereer op papbokse

    Die Amerikaanse swemster Michael Phelps ontvang een van die land se tradisionele pluimpies vir sportsterre van volgende maand af.

    Phelps, wat ’n rekordtal agt goue medaljes in Beijing gewen het, sal voortaan op bokse graanvlokkies op winkelrakke in die VSA pryk. - Sapa-AFP

    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie

    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

    Adverteer in Beeld | Kontak ons |