Leserfoto's
Kyk na nuus- en ander foto's van ons lesers. Stuur jou foto na mystorie@beeld.com.
Beeld
Matriekuitslae 2008
Beeld publiseer uitslae soos dit van die dept. van onderwys ontvang word.
  • Kliek hier vir die matriekuitslae.
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Sny op Alwyn se kuit kos aflosspan duur
    Aug 22 2008 06:33:26:617PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Wilhelm de Swardt

    Beijing - Die Suid-Afrikaanse 4 x 400 meter-aflosspan was gisteraand hier op die Olimpiese Spele net nie vinnig genoeg om tot die eindronde deur te dring nie.

    Dié span, bestaande uit Pieter Smith, Ofentse Mogawane, Alwyn Myburgh en LJ van Zyl, het sesde in sy uitdun geëindig met ’n tyd was 3:01.26.

    Dit was 0.58 sekondes vinniger as waarmee Suid-Afrika in 2006 op die Statebondspele in Melbourne die silwermedalje verower het.

    In gister se uitdunne was dit slegs die negende vinnigste tyd. As die Suid-Afrikaners net 0.48 s vinniger gehardloop het, was hulle deur tot die eindronde.

    Alwyn Myburgh het agterna ná ’n lang sny op sy regterkuit gewys.

    “Ek dink dit het ons daardie kosbare honderdstes van ’n sekonde gekos. Ek weet nie wie dit was nie, maar ek is eers deur ’n ander atleet gestamp. Ek het skaars tot verhaal gekom, toe ’n ander atleet se spykerskoene my kuit getref het. My ritme was weer versteur.

    “Maar ek kla nie, want dit is maar soos dit in aflosse gaan. Natuurlik is ons teleurgesteld, maar ons hoef ons nie te skaam nie.

    “Ons tyd was een van die vinnigstes deur ’n Suid-Afrikaanse span.”

    Die Suid-Afrikaanse rekord van 3:00.20 pryk sedert 1999 op die rekordboeke.

    Van Zyl, wat in 2006 in Melbourne sy span se groot held was ná ’n ongelooflike eindpoging, sê hy het sy bes gegee, maar hy kon nie die voorlopers inhaal nie.

    Daar wag ’n besige tydjie op Van Zyl.

    Hy vertrek vandag na Europa waar hy aan drie Goue Liga-byeenkomste en die Grand Prix-eindronde in Stuttgart deelneem.

    Van Zyl maak geen geheim van sy doelwit nie.

    “Ek gee nie om waar ek in my wedlope eindig nie, solank dit net beter as vyfde is.”

    Mogawane, wat ook in Melbourne goud geproe het, meen die noodlot het hom ’n streep getrek.

    “Ek weet nie hoekom ek nou juis siek moes word nie. Ek is op antibiotiese behandeling en nie op my beste nie.”

    Mogawane het gisteraand die tweede been gehardloop.

    Hy het goed begin en was ’n rukkie lank tweede. Sy bene het pap geraak en hy het tot die sesde plek teruggesak.

    “Ek kon nie anders nie. Ek het aan my spanmaats gesê ek gaan die wedloop soos ’n man aanpak en hoop vir die beste.”

    Die VSA het die uitdun waarin Suid-Afrika gehardloop het, in 2:59.98 gewen. Brittanje het sy uitdun in 2:59.33 gewen.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |