Leserfoto's
Kyk na nuus- en ander foto's van ons lesers. Stuur jou foto na mystorie@beeld.com.
Beeld
Matriekuitslae 2008
Beeld publiseer uitslae soos dit van die dept. van onderwys ontvang word.
  • Kliek hier vir die matriekuitslae.
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Ramaala sê hy is reg
    Aug 22 2008 07:07:27:967PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Adnaan Mohamed

    Beijing. – “Laat hulle maar kom. Ek is reg vir hulle!”

    Dít is die waarskuwing wat die atleet Hendrick Ramaala, wat môreoggend saam met sy landgenoot Norman Dlomo Suid-Afrika hier in die Olimpiese marathon verteenwoordig, aan sy teenstanders gerig het.

    Wilfred Daniels, hoofafrigter van die Suid-Afrikaanse atletiekspan, was onder die indruk dat Ramaala sy slypwerk in Frankryk gedoen het. Maar Ramaala was toe al die tyd in Albuquerque, Nieu-Mexiko, hard aan die oefen.

    En dié langasem meen dit sal môre vir hom môre vrugte afwerp.

    Ramaala glo die weer gaan ’n deurslaggewende faktor wees, maar hy is goed voorberei daarvoor.

    Hy meen Albuquerque was die ideale omgewing vir hom om vir die Spele voor te berei.

    “Ek het drie weke daar gaan oefen om aan die hitte (sowat 34 tot 37° C), höe lugdruk en humiditeit gewoond te raak. Al weet ek môre se roete sal so plat soos ’n pannekoek wees, het ek steeds baie werk teen heuwels en vaartwerk in my program ingewerk,” sê Ramaala.

    “Ek is voorbereid op enigiets. Vir my behoort die weerstoestande nie regtig saak te maak nie. Al is die temperatuur 40 grade, al reën dit kliphard of al is dit bedompig, ek sal reg wees.”

    Volgens dié 36-jarige prokureur sal die taktiek wat hy en Dlomo toepas, die deurslag gee.

    “Dit maak nie saak watter groot name in die wedloop is nie. Dis belangrik dat ons by ons plan hou en saam met die voorlopers bly.” sê Ramaala.

    Die 33-jarige Dlomo van Vereeniging het ’n groot deel van sy voorbereiding in Thabazimbi gedoen.

    Hy meen die veelbesproke besoedeling sal glad nie ’n faktor wees nie.

    “Watter besoedeling?” het Dlomo geskerts.

    “Ons het verlede jaar in Augustus hier geoefen en het geen probleme ondervind nie.”

    Dlomo meen almal het ’n gelyke kans om die marathon op die Spele te wen. “Gunstelinge wen nooit dié marathon nie. Almal het dus ’n kans. Alles hang af van wat op die dag van die wedloop gebeur.”

    Die wêreldrekordhouer, Haile Gebrselassie van Ethiopië (2:04:26), neem nie deel nie.

    Hy is ’n asmalyer en het hom vroeër vanjaar onttrek omdat hy gevoel het die besoedeling sal sy gesondheid aantas.

    In Gebrselassie se afwesigheid, kan Martin Lel van Kenia, wat vanjaar die Londen-marathon gewen het, as een van die gunstelinge beskou word.

    Lel spog met ’n beste tyd van 2:05:15. Ramaala se beste is 2:06:55, wat hy in 2006 in Londen opgestel het. Vanjaar was 2:11:44, ook in die Londen-marathon, Ramaala se beste vertoning. Dlomo se beste tyd is 2:10:39, wat hy verlede jaar in Italië in die Milaan-marathon opgestel het.

  • Môre se wedloop begin om 01:30 (SA tyd).


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |