Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Sergio spoeg vuur oor sy weglating
Beijing. – Die naelloop-atleet Sergio Mullins is erg omgekrap omdat hy uit die span weggelaat is wat eergister hier op die Olimpiese Spele in die 4 x 100 meter-aflos gehardloop het. Die kombinasie van Hannes Dreyer, Leigh Julius, Kagiso Kumbane en Thuso Mpuang het nie die halfeindronde gehaal nie omdat hulle by die laaste oorgee drooggemaak het. Mullins was lid van die aanvanklike 4 x 100-aflosspan, wat ook die goue medalje op die Afrika-Spele in Ethiopië verower het. Daardie vertoning het Suid-Afrika vir die Olimpiese Spele laat kwalifiseer. Volgens Mullins was hy ’n lid van daardie span en die afgelope twee weke het hulle onder die wakende oog van die afrigter, Magda Botha, geoefen. Hy was veronderstel om in die uitdunne derde vir sy span te hardloop. ’n Dag voor die die wedloop het Atletiek Suid-Afrika (ASA) se bestuur Mullins ingelig dat hy nie deel van die aflosspan is nie. “Ek was heeltemal stom-geslaan, want dit was iets waarvoor ek baie hard gewerk het,” sê ’n teleurgestelde Mul-lins. Dié 28-jarige atleet sê ASA se bestuur het geen rede aan hom verskaf waarom hy uit die aflosspan weggelaat is nie. “Al wat hulle gesê het, is dat ek ’n kans sal kry om te hardloop as ons tot die volgende ronde deurdring.” Mpuang, wat die laaste 100 meter wenpaal toe moes aflê, sê hy het te vroeg weggespring. Die gevolg was dat hy te ver gehardloop het voordat Kumbane die stokkie aan hom kon oorhandig en die Suid-Afrikaanse span is toe gediskwalifiseer. “Dit was ’n tegniese fout. Daar is niks wat nou daaraan gedoen kan word nie. “Ons is teleurgesteld, maar was nie die enigste span wat ’n fout begaan het nie. “Van die agt spanne in ons uitdun, het net vier dit suksesvol voltooi,” sê Mpuang. Volgens ASA se prestasie-bestuurder, Wilfred Daniels, gebeur sulke dinge dikwels in ’n aflos. “Daar is tot 23 tegniese dinge wat in ’n aflos kan skeefloop.” Mullins sê hy was gefrus-teerd omdat hy al die pad hierheen gereis het en nie eens sy voete op die atletiekbaan gesit het nie. Hy voel hy kon dalk beter vertoon het. Die tyd wat die aflosspan in Ethiopië gehardloop het, was voor gister se eindronde steeds een van die tien bestes ter wêreld vanjaar.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|