Leserfoto's
Kyk na nuus- en ander foto's van ons lesers. Stuur jou foto na mystorie@beeld.com.
Beeld
Matriekuitslae 2008
Beeld publiseer uitslae soos dit van die dept. van onderwys ontvang word.
  • Kliek hier vir die matriekuitslae.
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Khotso se lig brand helder
    Aug 24 2008 05:58:48:330PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Wilhelm de Swardt

    Beijing - Op ’n Olimpiese Spele waar teleurstelling ná teleurstelling aan die orde van die dag was, is daar tog ’n paar Suid-Afrikaners wat tevrede met hul vertonings kan voel.

    Natuurlik is Khotso Mokoena wat die silwermedalje in die verspring gewen het, heel bo aan die lys.

    Mokoena is die enigste Suid-Afrikaner wat regtig kon kophou toe dit saak gemaak het.

    LJ van Zyl wat 5de in die 400-hekkies was, Juan van Deventer 7de in die 1 500 en Ruben Ramolefi 14de in die 3 000-hindernis is die enigste ander drie atlete wat darem tot eindrondes deurgedring het.

    Hoewel Ramolefi se vertoning in die eindronde teleurstellend was, is hy die enigste atleet wat op die Spele ’n persoonlike beste tyd opgestel het.

    Die 8:19.86 waarmee hy sy uitdun gewen het, is die tweede vinnigste tyd ooit deur ’n Suid-Afrikaanse atleet.

    Die algemene gevoel was dat Ramolefi op die Spele Whaddon Nieuwoudt se Suid-Afrikaanse rekord van 8:19.00, wat sedert 1992 op die rekordboeke is, kon verbeter het.

    Sy besluit om egter in die eindronde van meet af aan die wêreld se bestes aan te vat, was meer as dom.

    Sifiso Nhlapo se vertoning in die BMX-wedrenne is waarskynlik die hartseerste Suid-Afrikaanse Spele-storie.

    As hy nie in die tweede draai van die eindronde-wedren geval het nie, sou hy waarskynlik ’n medalje gewen het.

    Nhlapo was meer as briljant in die uitdunne waar hy ’n derde, tweede en eerste plekke losgetrap het.

    In die halfeindronde het hy twee derde- en ’n tweede plek losgetrap.

    Suid-Afrikaanse fietsry verdien ook ’n klop op die skouer.

    Daar is gewaag met ’n klomp jong jaers en hulle kan op die Spele van 2012 in Londen presteer.

    Die 20-jarige Burry Stander het ’n manmoedige 15de plek in die bergfietswedren losgetrap en die 22-jarige John-Lee Augustyn was 69ste in die padwedren, net meer as twee minute ná die wenner.

    Hy het onder meer vir Carlos Sastre, die Tour de France-kampioen, weggejaag.

    Tony Harding, fietsry-spanbestuurder, meen Augustyn, wat algeheel 48ste in die Tour de France geëindig het, is op die oomblik een van die mees gesogte jong beroepsjaers.

    Harding skat dat hy aanstaan de jaar maklik op ’n salaris van 80 000 euro’s (sowat R950 000) sal kan staatmaak.

    Die 18-jarige Cherise Taylor het weliswaar sleg teen die einde van die vroue-wedren uitgesak, maar sy het geleer. Die 29-jarige Marissa van der Merwe sal waarskynlik nie weer aan ’n Olimpiese Spele deelneem nie, maar die feit dat sy in die vroue-fietswedren net 34 sekondes ná die wenner klaargemaak het, is ’n prestasie.

    Die kanovaarder, Jen Hodson, se agtste plek in die K1-wedvaart oor 500 m verdien ook vermelding.

    Dan het Michele Eray, Carol Joyce, Nicola Mocke en Hodson ook tot die eindronde van die K4-wedvaart oor 500 m deurgedring. Hulle was sewende.

    Ramon di Clemente en Shaun Keeling se vyfde plek in die roei-eindronde vir stuurlose pare is ook ’n hoogtepunt.

    Die 20-jarige swemmer, Jean Basson, wat vierde in die 200-vryslag geëindig het, was Suid-Afrika se beste swemmer op die Spele as sy ouderdom in ag geneem word.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |