Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Kirsty kap SA afrigters oor medaljedroogte
Singapoer. – Suid-Afrika se swemafrigters moet die skuld dra vir die Suid-Afrikaanse swemmers se swak vertonings op die Olimpiese Spele in Beijing. Dít is die mening van die Zimbabwiese swemsensasie Kirsty Coventry, wat een goue en drie silwermedaljes op vanjaar se Spele gewen het. Al het Suid-Afrika ’n baie beter swem-infrastruktuur as Zimbabwe, kon hy geen medaljes in die swembad verower nie. Volgens dié 24-jarige swemmer kom alles neer op jou voorbereiding en hoe hard jy bereid is om daarvoor te werk. “Ek verstaan dat die Suid-Afrikaanse swemmers almal beter in die aand op die Spele geswem het, maar hulle is almal ’n jaar voor die tyd ingelig dat die Spele se eindrondes soggens geswem gaan word,” het Coventry gister gesê. “Almal het reeds ’n jaar gelede geweet dat ons in die oggend op die Spele gaan swem, so dit kan nie as ’n geldige verskoning gebruik word nie. “Swemafrigters moes dit lankal in ag geneem het en hul swemmers daarvoor voorberei het. “As hulle dit nie gedoen het nie kan die swemmers nie daarvoor blameer word nie. “Ek het meer as ’n jaar gelede begin om al my harde slypsessies soggens te doen om my liggaam geestelik en fisiek voor te berei. “Dit het natuurlik vir my vrugte afgewerp,” het Coventry gesê Coventry meen as ’n swemmer wat van Zimbabwe af kom, het dit vir haar sin gemaak om in die VSA te gaan swem omdat daar nie baie geriewe en mededinging tuis is nie. “Ek is al agt jaar in Austin, Texas, gesetel. Die groot voordeel is dat jy weekliks top-mededinging kry. Dit help jou natuurlik om mededingend teen die wêreld se bestes te wees.” Coventry sê sy het nie veel kontak met die Suid-Afrikaanse swemmers wat in Arizona gebaseer is nie. “Ek sien hulle so af en toe en ons is almal baie goeie vriende. Ons is egter by verskillende universiteite of kolleges soos hulle dit daar noem,” het sy gesê. Coventry het in Sydney in 2000 as 15-jarige aan haar eerste Spele deelgeneem. Daar het sy nie so goed gevaar nie en 12de geëindig. In 2004 in Athene het sy ’n goue-, silwer- en bronsmedalje gewen. “Toe ek as 15-jarige na my eerste Spele toe gegaan het, was ek nog baie jonk. “Maar net om te sien hoe die ervare swemmers dinge doen, het my natuurlik baie gehelp. “Vir ’n jong swemmer kan dit ’n baie intimiderende ervaring wees.” Coventry meen die jong Suid-Afrikaanse swemmers wat vanjaar vir die eerste keer ’n Spele ervaar het, moet nie mismoedig raak nie. “Die Olimpiese ervaring sou baie gehelp het om hul karakter en selfvertroue op te bou. “Hopelik het hulle baie geleer en vaar hulle beter op die volgende Spele in Londen in 2012.” Volgens Coventry oorheers die Amerikaners en die Australiërs gewoonlik die groot byeenkomste. Op vanjaar se Spele het feitlik elke land se swemmers hul peil gelig. “Die tye was ongelooflik vinnig. Die nuwe swempakke en oefenmetodes is van die twee hoofredes vir die vinnige tye,” sê sy.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|