Stem, dalk kom gunsteling op CD
Kies self watter Suid-Afrikaanse kunstenaars se musiek jy graag saam op 'n CD wil hê.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Bulls wen Super14 in doodsnikke
May 19 2007 06:11:56:670PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • Super-spelbreker Habana sink Sharks
  • Die Bulls is Suid-Afrika se eerste Super14-kampioene.

    'n Verdoelde drie deur Bryan Habana in die doodsnikke van die 2007-eindstryd Saterdag teen die Sharks in Durban het aan die besoekers 'n oorwinning met 20-19 besorg nadat die Sharks oënskynlik die wedstryd "in die sakkie" gehad het.

    Die Sharks sal hulself wil skop nadat hulle kort voor die einde van die wedstryd so te sê seker gemaak het van die trofee toe Albert van den Berg (plaasvervanger-slot) 'n drie gedruk het ná 'n dryfbeweging deur die Sharks se voorspelers.

    Maar die Sharks-vleuel, Francois Steyn, het met die doelskop misluk. Die telling: 19-13 vir die Sharks.

    Met amptelike speeltyd verstreke, het die Bulls die bal 'n paar fases lank in spel gehou nadat die Sharks nie uitgeskop het nie. Jaco van der Westhuyzen (plaasvervanger-heelagter) en Akona Ndungane (vleuel) was prominent in die besoekers se aanvalle.

    Uiteindelik het die gaping vir die blitsige Habana oopgegaan, wat sierlik oor die doellyn geduik het.

    Derick Hougaard, wat nie een van sy beste vertonings gelewer het nie, was koelkop onder die geweldige druk van die oomblik en het die doelskop deur die pale gestuur - en Bulls-ondersteuners oral kon begin feesvier.

    Die Sharks was - soos die besoekers se afrigter, Heyneke Meyer toegegee het - ongelukkig om nie die knoop te kon deurhak nie, maar die Bulls het karakter getoon deur enduit alles in die stryd te werp en nie moed op te gee nie.

    Die tuisspan het sy man teen die formidabele Bulls-pak gestaan, veral in die skrums.

    En in die losskrums het die Sharks baie aggressief "skoongemaak" en sodoende 'n paar keer omgekeerde besit bewerkstellig.

    Die skakelpaar, Ruan Pienaar en Butch James, het goed vertoon, met James wat onder meer op die verdediging uitgeblink het.

    Die wind was 'n faktor, met die tuisspan wat die voordeel daarvan in die eerste helfte gehad het en die Bulls in die tweede helfte.

  • Habana het hom met sy wendrie by die begaafde Pierre Spies (agtsteman) aangesluit wat 'n drie in die eerste helfte gedruk het nadat hy met 'n netjiese aangee deur die Bulls-kaptein, Victor Matfield, weggestuur is.

    Hougaard het tien punte met die skoen bygedra (twee doelskoppe en twee strafdoele).

    Behalwe Van den Berg, het JP Pietersen (vleuel), wat deurentyd gevaarlik op die aanval was, vir die Sharks gedruk nadat hy 'n aangee van Spies onderskep het.

    Percy Montgomery (heelagter) het drie strafdoele behaal. - beeld.com-redaksie, Sapa

    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |