Slegter as hoenderspel kan dit nie
Ai, droefheid, maar dis 'n gesukkel om daai All Blacks onder te kry!
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Super-spelbreker Habana sink Sharks
    May 19 2007 08:33:41:270PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Speeltyd was verstreke en die Bulls se aanslag op die Super14-kroon het na 'n verlore saak gelyk.

    Iets baie spesiaals sou moes gebeur om dit te verhoed - en dit het.

    Meer as 50 000 toeskouers het reeds vir langer as 80 minute 'n arena-geveg deur die room van Suid-Afrikaanse rugby in die Absa-stadion dopgehou toe Bryan Habana die bal ná verskeie fases en aangeë naby die kantlyn diep binne Sharks-gebied ontvang.

    Hy het binneveld toe gesny, afgetrap na regs en toe reguit doellyn toe versnel om die wendrie met 'n sierlike duik te druk.

    Geen wonder hy het ná die wedstryd "beslag gelê" op die bal waarmee hy geskiedenis vir sy span help maak het nie.

    Dié stukkie individuele briljantheid sal nie maklik deur die spelers, toeskouers en ondersteuners vergeet word nie en het opnuut die waarde van ware spelbrekers soos dié vetgesmeerde blits van die Bulls beklemtoon.

    Die Sharks het amper die hele wedstryd gelyk na 'n span in beheer van sake, al het die telbord dit nie weerspieël nie.

    En dit beklemtoon weer die belangrikheid van akkurate stelskopwerk.

    Die Sharks se nommer een-stelskopper, Percy Montgomery, het vroeg hard met moeder aarde kennis gemaak toe Habana 'n onwettige duikslag op hom uitgevoer het. Die skeidsregter, Steve Walsh, het besluit om Habana nie met 'n geel of rooi kaart te straf nie.

    Montgomery het drie strafdoele oorgeklits, maar hy het met 'n paar pogings pale toe misluk. Dit het die Bulls binne trefafstand gehou.

    En Frans Steyn se mislukte doelskop nadat Albert van den Berg (plaasvervanger-slot) kort voor die einde van die wedstryd vir die Sharks gedruk het, het die agterdeur op 'n skrefie vir die Bulls oopgelaat - een waardeur Habana uiteindelik geglip het om Bulls-ondersteuners in vervoering te laat.

    Dit was 'n eindstryd wat aan die verwagtinge voldoen het, 'n vertoonvenster vir Suid-Afrikaanse rugby.

    Die Sharks het vuur met vuur beveg voorlangs en aggressief "skoongemaak" by die afbreekpunte.

    Hul skakelpaar, Ruan Pienaar (skrumskakel) en Butch James (losskakel) het beïndruk.

    James het onder meer puik verdedig en 'n paar harde duikslae op Bulls-aanvallers uitgevoer - een op die senter Wynand Olivier het waarskynlik 'n seker drie gekeer.

    En op vleuel was JP Pietersen vol ondernemingsgees en baie gevaarlik wanneer hy aan die hardloop geraak het.

    Die Bulls-kaptein, Victor Matfield, het sy waarde as wêreldklas-lynstaanman ondersteep, die haker, Gary Botha, het in die vastelos gewoel en Pierre Spies (agtsteman) het veral op die aanval die Sharks-verdediging beproef.

    Die "vars" bene van die plaasvervangers Jaco van der Westhuyzen (heelagter), Heinie Adams (skrumskakel) en Jaco Engels (stut) het laat in die wedstryd beslis 'n verskil vir die Bulls gemaak.

    Derick Hougaard, wat onder heelwat druk moes speel, het nie een van sy beste vertonings as losskakel gelewer nie...maar dit was Loftus se Liefling wat die oorwinning verseël het toe hy Habana se drie verdoel het.

    Die afrigter van die nasionale span, Jake White, behoort in in sy skik te wees met die vertonings van die Springbokke in die Bulls en Sharks se spanne.

    Hy sal veral 'n sug van verligting slaak dat daar op die oog af nie ernstige beserings was nie. - beeld.com-redaksie

    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |