Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
TV-uitsendings
Die SAUK saai WB-rugby op SABC2 uit (raadpleeg diié uitsaaier se daaglikse skedules vir meer inligting).
Die eerste wedstryd - dié tussen die gasheerland Frankryk en Argentinië - word op 7 September op die Stade de France in St. Denis gespeel en die eindstryd vind op 20 Oktober op dieselfde veld plaas. Al die Springbokke se toetse in die toernooi sal vanjaar die eerste keer deur SuperSport in Afrikaans uitgesaai word. Kykers sal soos met Curriebeker-wedstryde die keuse hê om na 'n Afrikaanse- of Engelse klankbaan in elkeen van die Bokke se toetse te luister. Kobus Wiese en John van Rensburg sal die Afrikaanse kommentaar uit Frankryk lewer, terwyl Garth Wright en Hugh Bladen agter die mikrofoon vir die Engelse klankbaan sal wees. SuperSport maak van die internasionale klankbaan vir die res van die toetse gebruik. "Daar is so baie rugby-aksie elke naweek met al die Wêreldbeker- en Curriebeker-wedstryde dat ons besluit het om elke naweek van die Wêreldbeker-toernooi 54 uur op SuperSport 1 aan rugby te wy," sê Gert Roets, SuperSport se hoof van sportkanale. "Daar sal slegs rugby op die kanaal van sesuur elke Vrydagaand tot middernag op Sondagaande wees." 'n Samevatting van die naweek se toetse word elke Maandagaand 'n uur lank uitgesaai. 'n Tydgleuf op SuperSport Blitz (SS 4) word ook aan die Wêreldbeker-toernooi afgestaan. Dit sal nuus van die Bokke en hoogtepunte van die toernooi bevat. - Jaco van der Merwe
* Al die afskoptye is Suid-Afrikaanse tyd.
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|