|
plaasvervanger, 10/09/2007, Ben Niemand
Wayne is goeie keuse vir kwota plaasvervanger.
|
|
Julies., 10/09/2007, Theo
Wanner Julies of enige ander speler vir sy land speel, is hy nie meer 'n Blou Bul of wat ookal nie. Dan is hy 'n Suid-Afrikaner en Springbok. Bulle, los asb. jul sieklike provinsionalisme.
|
|
Nog een!!!!, 10/09/2007, Nelius
Ja nee iemand wil hê die bulle moet die jaar die curriebeker verloor want nog 'n bul is uit vir die reeks. Maak tog al die bulle bokke want dis al hoe julle ander die curriebeker gaan wen!!!!
|
|
Nog 'n Blou Bul, 10/09/2007, Willem
Lyk my iemand kan nie verby die Curriebeker dink nie. Baie hartseer oor de Villiers maar Julies kan die ding doen.
GO BOKKE!!!!
|
|
Senter plaasvervanger, 10/09/2007, Carel
Gelukkig het ons skrumskakel 'n sterk paas...hy kan sommer die loskakel en binnesenter skip..tensy ou Frans daar staan. in Engels beskou ek hierdie keuse as 'n "mute point"...
|
|
Nog 'n Blou Bul, 10/09/2007, Deon
Murray is die man wat verdien om daar te wees. Habana is goed genoeg dat hy vergewe kan word dat hy vir die bulle speel. Ons sal verseker die fight wen met al die bulle in die span.
|
|
Nog 'n Blou Bul, 10/09/2007, Leynnete
Wie het 4 keer die lyn gebreek? 'n Blou Bul. Blou Bulle gaan die beker huis toe bring.
|
|
Plaasvervanger, 10/09/2007, Hennie van Heerden
Geen kommentar wat ons lewer sal saak maak nie. Jake White doen sy ding en ek dink hy ken die spelers en maak goeie keuses. Los die man dat hy sy werk doen elke speler wat daai groen trui oor die kop trek sal sy beste lewer.
|
|
Springbok senter, 10/09/2007, Martie Van Rensburg
Geluk Wayne. Gaan speel die klomp groot monde toe en wys hulle watter lyne 'n senter veronderstel is om te hardloop. Sterkte Bokke
|
|
Plaasvervanger, 10/09/2007, Deon Koekemoer
Dis nou wat die bokke nodig het om hulle kanse te verswak, nog 'n blou bul. Solank hulle net nie vir Wynand Olivier oorstuur nie.
|
|
Plaasvervanger, 10/09/2007, Pieter
Ek is 'n Bul-ondersteuner, maar net Nie Julies nie - hy het nog niks gedoen vir die Bulle die jaar nie. Murray sou die beter keuse gewees het.
|
|
Plaasvervanger-senter, 10/09/2007, Neels Loubser
Die keurders moet 'n senter kies wat dadelik in die Springbokpatroon kan inpas, en wat ervaring het van hoe die Bokke wedstryde benader. Wayne Julies is die mees ervare senter wat hierdie rol kan vertolk. Hierdie onderskatte senter is boonop 'n puik balverspreider.
|
|
Julies, 10/09/2007, Vic
Goeie nuus vir die Bulle. Nou kan hulle ook 'n rugbyspeler kies. Julies is nie 'n speler nie. Net toe ek begin hoop kry vir die Bokke! WAT DINK JULLE.
|
|
Boksenter plaasvervanger, 10/09/2007, Albert van Vuuren
Goeie keuse - hy weet waaroor dit gaan.
Net jammer die Bulle word verder verswak, maar die Bulle is die enigste span wat die Wêreldbeker kan huistoe bring.
|
|
Plaasvervanger, 10/09/2007, Annis de bruyn
sit vir Derick as plaasvervanger asb en dankie
|
|
Plaasvervanger, 10/09/2007, Quintin
Asseblief tog, net nie hy nie. Murry en Joubert is 100 maal beter as Julies. Vir my het Julies nog niks gedoen hierdie jaar nie en ek het ook nie sy naam in enige wedsryde gehoor waarin hy gespeel het dat hy n goeie game gehad het nie. Vergeet asb van hierdie verdomde politiek en kies die spelers wat veronderstel is om daar te wees.
|
|
Boksenter plaasvervanger, 10/09/2007, Manuel Gonsalves-Borreijeirro
Nie seker dit is die beste keuse nie. Ronnie Cook sou my keuse wees, konstant die seisoen sy kant gebring. Maar sterkte aan Wayne Julies. Sal ook die taak kan verrig.
|
|
| |
| Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit. |