Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Wie speel finaal? Lesers se voorspellings
Sep 27 2007 12:59:44:813PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Vóór die Wêreldbeker-halfeindstryde het lesers hul menings gegee oor watter spanne in die eindstryd van die toernooi gaan speel.

Lees die voorspellings onderaan hierdie bladsy.

Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

 
EINDSTRYD, 12/10/2007, Ronel Joubert
MY MENING IS DAT DIE BOKKE 'N BAIE GOEIE KANS HET OM DIE EINDSTRYD TE WEN. HULLE MOET BAIE HARD SPEEL, EN KYK HOE HULLE DIE BALE UITGEE. EN PASOP VIR ONKANT SPEL MANNE. PASOP VIR HIGHTACKLES,OUENS ASSEBLIEF. PERCY EK HOOP JY HET JOU SKOPSKOENE AAN VIR SONDAG SE WESDSTRYD SOWEL AS VIR DIE EINDSTRYD. MIK ASSEBLIEF BAIE MOOI VOOR DIE PALE EN TREK HOM CENTER.
GROETE AAN JULLE BOKKE
RONEL JOUBERT
Wereldbeker Op n Skinkbord, 12/10/2007, Chris Conradie
Aan Jake White,sy bestuursspan en die springbokke.
Met New Zeeland en Australiê uit,het julle die wëreldbeker op 'n skinkbord.MOET ASB NIE DIE SKINKBORD LAAT VAL NIE!Baie sterkte vir julle vir die semi-finaal en finaal.Chris Conradie
Eindstryd, 12/10/2007, Jack Muller
Ek bly in Australië, Melbourne. Hier is die mense baie negatief oor hul land uit die toernooi is. Die goeie ding is dat hulle die Engelse rugby span (veral Johnny Wilkenson) haat met 'n passie. Die Aussies wil hê die Bokke moet die wêreld beker wen!
GO DIE BOK TROK!
Eindstryd, 11/10/2007, Maggs van Lebanon
Eindstryd sal wees tussen die Bokke en Engeland met die Bokke as die definitiewe wenners.
Eindstryd, 11/10/2007, Johan Muller
Ona behoort die eindstryd tussen Bokke en Frankryk te wen maar het daarvoor n regverdige skeidsregter nodig.Is daar een by die toernooi?.
Wat doen ons volgende jaar nadat die regering en almal wat niks van die spel af weet nie dreig met kwotas ens met die gevolg dat meeste van ons beste spelers hulle heil elders gaan soek. Ons kan hulle nie kwalik neem nie!
Rugby Finaal, 11/10/2007, Chris Erasmus
Ons rugbypubliek, ek inkluis vergeet somtyds te gou. Ek luister graag na Rugbyprogramme en kyk Superrugby op TV. Male sonder tal het die mense Jake White kritiseer en John Smit se kop geëis. Ek dink die Springbokke gaan ons nie teleur stel nie. Eddie Jones is net betyds ingetrek.
Wat Allister Coetzee van agterspel weet is fataal. Die resultate spreek vanself. Solank Schalk Burger net nie onnosel speel en strafskoppe afstaan nie en Danie Rossouw nie met die bal "doodgaan" nie sal dit met die Bokke goed gaan. Ek dink die Bokke gaan teen die Hane in die eindstryd speel
WB eindstryd, 11/10/2007, Natalie Dominique
Joe, ek's nou regtig nie hierdie vreeslike rugby kenner nie maar ek dink soos die bokke nou speel gaan ons 'n eindstryd tussen die bokke en die hane sien
Eindstryd(e), 11/10/2007, Willie
Wêreld beker eindstryd kan net tussen SA en Frankryk wees...enigiemand wat anders dink moet maar Netbal gaan kyk - en die Curriecup gaan tussen Cheetas en Sharks wees met natuurlik die Sharks wat wen. As hulle die flou Bulle met 14 man kon klop dan is die Cheetas "small Fries"
Eindstryd, 11/10/2007, Chris van Eck
Die Franse gaan vasval teen Engeland; soos wat die All Black "choke" in die kwart einstryde so "choke" Hane in die volgende westryde nadat hulle die onverwagte vermaan het. Dit gaan definitief die Bokke teen die Rose wees met die Bokke wat met die loure gaan weg stap. Die Bokke het die het die "Complete BAg of Magic Trick" Viva La Bokke!
Eindstryd, 11/10/2007, Adli
Sa vs Frankryk
Wereldbeker Eindstryd, 11/10/2007, Marius Coertze
Die eindstryd is tussen Frankryk en SA. Frankryk stap weg met die beker. Hulle is hard, maar hulle het ook flair en is kreatief. Ons het Jake White en stampkar-rugby.
Eindstryd, 11/10/2007, Gert
Absoluut die Bokke in die eindstryd! Ek glo die Franse sal te veel "guns" hê vir die Engelse.Die eindstryd gaan `n fees wees.GO BOKKE!!!!!!
eindstryd WB, 10/10/2007, matt heyns
Noudat die beste span deur 'n mamparra die geleentheid ontneem is sal die Hane en die baby beefs die finaal haal.Ons voorry is te swak om die punch te vat.Ons weet hulle gaan ons drop.
Eindstryd, 10/10/2007, Wayne Thies
Mede Bok ondersteuners. Ek praat hier uit 'n koue Engeland, maar die harte van die Pommies is warm. Hulle is seker hulle gaan ons in die final kry en dan gaan dit 'n hele ander game wees as wat toe ons oor hulle gehardloop het in die Groepfases. Bewys hulle verkeerd manne.
Vat die Beker huis toe!
Final: SA 21 - 15 Eng.
Eindstryd, 10/10/2007, BJ BARNETT
Die Bok span sal teen Frankryk in die eindstryd speel
eindstryd, 10/10/2007, albert marble hall
die bokke kan slegs frankryk wen as jake di regte span kies.los jp.peterson uit en speel akona op vleuel en wynand op senter
Eindstryd, 10/10/2007, Rugby-suster
SA 19 teen Engeland 17.
Kan sien hier is 'n paar mense wat nie regtig die WB gevolg het nie, maar vrot eiertjies wil hulle l?Sies, man!Die Bokke staan 'n goeie kans solank hulle niemand onderskat nie en bly fokus!GO BOKKE!!! ONS skree vir julle!
eindstryd, 10/10/2007, andre
SA vs Eng
Spies ingesluit
63 0 SA
Oordeel van die man met die fluitjie, 10/10/2007, Riaan
Ek stem half saam met Naas Botha op sy kommentaar en ek voel ook , WB kom nie elke jaar nie maar elke 4 jaar en hulle kies die beste skeidsregters vir die toernooi maar sommige Hoerskool skeidsregters blaas beter as sommige WB skeidsregters . Stuur hulle huis toe .
eindstryd, 09/10/2007, RINA
Bokke Bring die koppie huistoe, jammer Engeland, dis ons beker daardie.
Einstryd, Wereldbeker 2007, 09/10/2007, Francois van Ghent
Die finaal gaan wees tussen die twee spanne wat die 2007 wêreldbeker toernooi ingewy het, Frankryk en Argentinië. Die Hane gaan die beker vir die eerste keer in die geskiedenis wen, en ek glo hul verdien dit, dis tog die span met die meeste "flair" in die toernooi.
Hulle was die afgelope probeer slae baie ongelukkig, mar ek dink hulle sal nie in die finaal geklop kan word nie. Enige span wat die All Blacks kan klop, verdien om die wêreldbeker huistoe te vat.
Vat die beker Hane, julle is nie verniet ook die 6 nasie kampioene nie! Watter heerlike "revenge" gan dit nie wees teen Argentinië nie? Go HANE!!!
Eindstryd wereldbeker, 09/10/2007, Heinrich Muller
Ek dink die Bokke gaan Engeland in die finaal so pakslae gee dat hulle oumas se fotos by die huis begin traan.Schalk Burger gaan n drie druk en Habana twee.
W?ldbeker eindstryd, 09/10/2007, Louna Oosthuyzen
Suid-Afrika vs Engeland
Telling: SA 20 Engeland 13
Rugby Finaal, 09/10/2007, Robbie Robinson
BOKKE vs Engeland
Maklike pad nou BOKKE Julle verdien om die beker huistoe te bring. Net jammer die Politiek moet altyd ons sport bederf.
Eindstryd, 09/10/2007, Loraine Botha
Finaal: Frankryk en SA. En raai wie bring die beker huistoe. Mooi so bokke ons is trots op julle
Eindstryd, 09/10/2007, Johan Gouws
Sa 24 ; Franse 20
Ovaal bal Stryd, 09/10/2007, Henri Bierman
Die eindtryd sal SA vs Frankryk wees. SA sal hul storie moet ken, want Frankryk kan hardloop soos Fiji, en hul het die tuisveld as hul voordeel.
Arg het hul wel gewen, maar dit was amper 'n maand terug, en hul het geweet hul sal dan nie uit val nie.
Tussen Eng en Arg, sal Arg wen...
En SA en Fra, SA behoort te wen.
Terwyl NZ en Aus mekaar op die lughawe sal ontmoet.
Eindstryd, 09/10/2007, Johan Nortman
SA 27 ENG 19 Tawwe game Maar die BOKKE sal deurdruk
Wereld beker eindstryd, 08/10/2007, Louise Bester
SA vs England
Wereld beker eindstryd, 08/10/2007, Louise Bester
SA vs England
Eindstryd, 08/10/2007, Willempie
RSA 15 - Fra 6
Eindstryd, 08/10/2007, Hannes Coetzee
My hart sê S.A. vs Frankryk, maar die Bokke moet pasop vir Argentinië.
Volgens die IRB se nuutste 'rating', lê ons derde en Argentinië vierde!
Eindstryd Wereld bekker , 08/10/2007, Sarel Maritz
S.A. vs Engeland
Eindstryd, 08/10/2007, jan vermaak
Jammer, Argentinië teen Engeland en laasgenoemde gaan die beker behou.
EINDSTRYD, 08/10/2007, Ronel Joubert
Ek is eintlik bly die ander twee spanne Aussies en New Zeeland is uit.Die eindstryd sal tussen SA en Frankryk wees.
Ronel Joubert Pretoria
Die finaal van RWC 2007, 08/10/2007, Frans van der Westhuizen
3/4 van julle hier het NZ ast ware vanselfsprekend in die finaal geplaas. Nou wat nou manne? Nee wat ek was vol moed dat die Franse hulle kon klop en ek het rede gegrond op die AB's se swak pool.
Hulle was nooit getoets soos die Springbokke deur Samoa, en Tonga getoets was nie. Die eerste ordentlike span wat hulle toe ontmoet, vou hulle. Die finaal, ek waag nou Springbokke teen Engeland.
Eindstryd, 07/10/2007, Hannelie
Beslis nie meer SA teen NZ nie!! Dis al wat ek weet!! GO BOKKE! Van die Suid-Afrikaanse NZers!!! Pos vir my 'n vlaggie, asseblief?
Eindstryd, 07/10/2007, Cas Seyffert
Suid Afrika VS Frankryk! Ek reken die Bokke behoort naelskraap te wen! Maar dit gaan naelskraap wees! Iets soos 22 Bokke - 18 Hane
Eindstryd, 06/10/2007, Juanita Payne
Definitief die Bokke en New Zealand. Die Bokke gaan wen maar ek glo nie dit gaan 'n groot oorwinning wees nie, dalk 10-3.
Die finaal van die wereld beker, 06/10/2007, Hans van der Zouwe
Die AB'S SAL SAL DIE BOKKEN KLOP MET MEER DAN TIEN PUNTEN IN DIE EINDSTRYD
NZ mag onder geen omstandighede wen nie, 05/10/2007, Wessels
Die wêreld kan nie bekostig dat NZ wen nie, die volgende een is by hulle so die gaan hulle beslis vat.
Probleem is as hulle hierdie een wen, verdedig hulle hom, en voor jy jou kry is hulle soos Australië se krieketspan en dan is 'n W?beker nog oor voor hy begin het. Hopelik werk daai 20 jaar "curse" nog 20 jaar...
WB Eindstryd 2007, 04/10/2007, Jakkals
Eerstens - @ arme Bospadda -boet, ons is hier besig met goeters vir die WB - nie Curriebeker nie.
Maar aangesien jy nou sulke voorspellings WIL waag - Ek dink nie eers julle klomp Vlou Vulle gaan die eindstryd maak nie, wat nog te sê wen. Pasop vir die Leeus! Pasop! Komende van my as geswore Cheetah-man! Maar kom ons raai maar die eindstryd gaan wees tussen die Cheetahs en die Haaie in die Rosestad met die Curriebeker wat daarna vir die volgende jaar in Bloemfontein sal pryk.
T.o.v. die wêreldbeker - Dit sal my dag maak as die eindstryd tussen die Bokke en die Hane beslis kan word. Ek vertrou die Bokke sal dan die pyp rook.
Sal dalk nie einstryd kan sien ongeag, 04/10/2007, Johan Jansen van Vuuren
Ek en my vrou is genooi na 'n troue(Ook Suid-Afrikaners) maar in Kuba, dis fanatasties maar het later besef dat ons met die finaal daar gaan wees. Nou ja, Go Bokke hoop ek kan daar Kyk maar weet nie of dit sal mmontlik wees nie.
Van al die dae in die jaar moes dit die een wees. Hoop die Bokke maak dit die moeite werd!
eindstryd, 04/10/2007, Bospadda
Ek dink die finaal gaan wees tussen die Blou Bulle en die Cheetas.Die Blou Bulle gaan met ten minste 15 punte wen.
eindstryd, 04/10/2007, Hannes.v.d.berg
As Suid Afrika nie enige verdere beserings op doen nie: sal Suid Afrika @ Argentinië speel in semi final, en Nieu-Seeland teen Suid-Afika in die finale.
FINAL, 04/10/2007, MADS
Argentina vs NZ
RUGBY, 04/10/2007, Marius
Glo die springbooke kan dit maak maar soos baie se hulle het dit sover baie maklik.Maar dit is tussen die all blacks en S.A.
RWC 07 Finaal, 03/10/2007, Frans van der Westhuizen
Springbokke 27 Franse 18
Riller van 'n eindstyd, 03/10/2007, H Coetzee
Die eindstryd sal tussen die Bokke en die All Blacks wees. (21-19 Bokke) Dit sal die laaste kans in 'n baie lang tyd vir die Bokke wees om die beker te wen, daar is te veel politiek by rugby betrokke.
Vergeet van kwotas daar is genoeg spelers van alle rasse wat gekies kan word op meriete. Dalk het die Springbokke 'n maklike paadjie gehad volgens Australië, maar ons span is jonk en baie van hulle speel in hulle eerste wêreldbeker, waar Australië se spelers miskien in 'n tweede en derde wereld beker speel, ons spelers sal hulle staal kan wys teen die groot spanne, soos wat ons teen Engeland gedoen het, Jake White moet net die regte kombinasies kies vir die dag en die teenstanders. Go Bokke Go!!!
Springbokke se eindstryd, 03/10/2007, Jannie
Suid-Afrika vs All Blacks 30SA 18NZ
Bokke bo
Go boys!, 03/10/2007, D
ek glo die bokke gaan hom vat. Die finaal - S.A vs Aus.
Ek hoop dat Frankryk die ding kan doen soos van tevore, maar N.Z. lyk sterker as ooit en SO konstant, maar ons het gewys dat ons beter is in die 3 nasies.
Nog net 'n biki BMT boys.
Eindstryd, 03/10/2007, Blou Bul
Met die Spies van die Nasie wat vanaand op pad is Frankryk toe, geen rede waarom ons nie die einstryd kan wen nie. Saam met Fourie Du Preez om die skrum kan hulle dit moeilik maak vir die All Blacks.
Eindstryd, 03/10/2007, Kallie Beck
Dit gaan RSA teen NZ wees met NZ 'n kortkop die gunsteling.
Eindstryd 3/10/2007, 03/10/2007, Hennie Pelser
Bokke 31 NZ 21
Bokke BO!!!!!!!!!!
NZ BO!!, 02/10/2007, Anti-kwota
Ek glo die final sal wees tussen NZ en iemand anders as Suid-Afrika. Die kwotastelsel werk duidelik nie en dit het veroorsaak dat ek nie meer vir die Bokke ondersteun nie.
Ek glo die ouens soos Habana en Kabamba hoort in die span, want hulle is donders goed. Maar moenie die ouens wat daar hoort uit die span los om kwotas op te maak nie.,br> Ek is nou al 3 jaar 'n All Black en so gaan dit bly tot die politiek uit ons sport uit bly. All Blacks bo!!!
BOKKE BO, 02/10/2007, Cindy Mouton
Die Bokke gaan in die final teen Franse speel en die Bokke gaan wen. 24 SA - 21 Franse
Ek support die bokke al die pad en het my volle vertroue in hulle.
Eindstryd, 02/10/2007, D Snyman
My hart sê anders - my verstand sê die Bokke het dit tot nou toe te maklik gehad.

Ons het so nou en dan brijant gelyk net omdat die spanne teen wie ons sover gespeel het dit toegelaat het.
Maar het vasgeval teen die geringste teenstand. Die bokke gaan nie die eindstryd haal nie. Ek hoop ek is verkeerd.

Vaskop penarrie, 01/10/2007, Lenette
Hoekom nou sukkel met Jannie, Hy moet nog eers klimatiseer. waarom nie sommer die veteraan stut Danie Saayman gebruik wat al reeds 1 jaar in frankryk rugby speel nie.
Hy is reeds gewoond aan die klimaat en om standighede. En by verre die mees ervare vasskopstut. wat nog te sê van sterk.
Eindstryd, 01/10/2007, Godfrey le Grange
South Africa vs All Blacks.
Rugby wereldbeker eindstryd, 01/10/2007, Marinus
SA vs NZ (en dit gaan 'n riller wees...)
Finaal, 01/10/2007, Tertius K
Ek hoop Eng wen Aus en ek hoop Fra wen NZ. Dan speel Eng en Fra in die een semi. Hopelik wen Eng en dan kan SA weer die ingelsmanne 'n behoorlike rugbyles leer in die finaal.....
EINDSTRYD, 01/10/2007, RIA KRUGER
Ek glo dit sal die Bokke en N.Z. wees en ons is nou weer in die lyn om die beker huis toe te bring, net jammer Francois is nie daar om die beker omhoog te hou.
eindstryd, 01/10/2007, LIEBMAN SNOER
SA/NZ TELLING SA 37 NZ 24
Wie is die beste.., 01/10/2007, Hannes Opperman
Suid Afrika gaan die finaal maak teen NZ, maar kom ons wees nou eerlik vir 'n slag, NZ oorheers wêreld rugby, hulle verdien die Beker. SA gaan 'n groot poging gee, maar NZ gaan hom vat.
Ek's 'n groot bok, maskien wil ek die pyn van 'n loesing verdoesel deur "optimisties" te wees.
S.A vs N.Z, 01/10/2007, Amanda Putter
Hoop en glo die bokke doen dit
Eindstryd, 01/10/2007, Nico van den Bergh
Frankryk-All Black final. Almal weet SA kan nie deliver in die hitte van die oomblik nie!!Op die Swart!!
Eindstryd, 01/10/2007, Eddie
NZ teen SA
NZ wen gemaklik... 34-13! Dit is die verskil tussen A en B liga...
WB Eindstryd, 01/10/2007, Esmerelda Bezuidenhout
BOKKE vs N.Z
Bokke is die beste span, sal natuurlik wen... BOKKE BO!!!
Eindstryd, 01/10/2007, ELIZE HUGO
die bokke gaan in die eindstryd speel S.A. vs N.Z. en die bokke gaan WEN Go bokke
Bokke eindstryd, 01/10/2007, Gerhardt Prinsloo
Dit is verseker ons jaar,die Kiwis gaan weer hul knie buig voor die mag van DIE BOKKE.Die boys is reg en honger want is dit dalk hul laaste vir 'n lang droogte in Springbok rugby wat voorle.SAL ONS OU VRIENDE OOIT VERGEET.
rugby WB finaal, 29/09/2007, matt heyns
RSA versus NZ. Hulle vaste 5 is beter as die ander spanne sin.
eindstryd, 29/09/2007, Debby Frans
Die bokke gaan wen Madiba het hulle besoek as hy hulle besoek nog soos altyd wen hulle, daar is nie twee stories nie net een en dit is die beker kom huistoe al sit ek op die all blacks se grond my hele lewe is op hulle, hulle het die beste kaptein John ek en my hele familie is lief vir jou. Jake White jou harde werk werp goeie vrugte af viva Jake
Finals, 29/09/2007, S.A. Kiwi's
Springbokke kan dit nie weer aan ons doen.So,my geld is op die bokke,anders...!
Swart perde, 28/09/2007, Wessels
alle logika sê SA vs NZ, maar moenie te groot skrik as dit Argentinië teen Frankryk is nie...die klomp van die Drie-nasies kan nie die bal uitskop nie en hulle sukkel maar om dit te vang ook...daai los balle kan hulle seermaak
Eindstryd Wereld Beker, 28/09/2007, Deon Brown
Op die oog af lyk dit of dit tussen die Bokke/All Blacks gaan wees. Maar skrikkerig vir Australia. Hulle het en weet wat om met die All Blacks te doen as dit warm raak.
Eindstryd, 28/09/2007, Johan Pistor
SA vs Frankryk - pasop vir Elissalde en Michalak kombinasie !
Finals, 28/09/2007, Bakmister
Quaters:
QF1 AUS vs Eng
QF2 NZ vs Fra
QF3 RSA vs Wal
QF4 Arg vs Sco

Semis:
SF1 Eng vs Fra
SF2 RSA vs Sco

Final
RSA vs ENG

bokke finalia, 28/09/2007, Coenie Manders
My gut feeling sê Bokke teen nz, maar soos met die krieket waar die proteas ons na ure voor die beeldradio 'ha ha' net weer teleurgestel het, ek wonder of hulle weet dat ons hul ondersteun en dit ook tyd inbeslag neem en natuurlik fondse, met daai windmakerige verskoning van weer probeer, hoop ek nie die bokke doen dit aan ons nie, fyn beplanning en honderd en tien dan is ek happy al wen ons nie, dit is seker my laaste jaar wat rugby gaan kyk met die nuwe stelsels en politiek betrokke, loftus gaan 'n sokkerstadion word en ek gaan vir 'n swart span skree, die "all blacks".
Eindstryd, 28/09/2007, Mike Muller
Defnitief SA/NZ. Hoop net die argentyne wen teen ierland
Eindstryd Alternatief, 28/09/2007, Andre de Kock
Suid-Afrika behoort nie 'n probleem te hê met Wallis in die kwartfinaal nie, maar Engeland met Johnny kan dalk Australië troef. Frankryk pluk weer 'n haas uit die hoed voor sy tuisskare en klop Nieu-seeland terwyl die trotse Skotte die Argentyne kan wen as die oomblik te groot raak vir die Argentyne.
Dan speel Suid-Afrika (met Schalk) Engeland weer (met Johnny) en Frankryk elimineer Skotland.
Dan het ons 'n Suid-Afrika-Frankryk finaal op Franse bodem (met morphogenetics) en die beste eindstryd ooit! OF wat praat ek alles?
EINDSTRYD, 28/09/2007, Annis de bruyn
SA.VS.N.Z
Einstryd, 28/09/2007, Chris Oosthuysen
Wees verseker dit gaan die Bokke teen die All Blacks wees ek plaas al my tande op die spel.
eindstryd, 28/09/2007, Carl Fest
SA vs NZ!!
Wereld Beker Finaal, 28/09/2007, Christi J. van Vuren
Suid-Afrika teen Nieu-Seeland.
Eindstryd, 28/09/2007, Sahann
Kom ons dink bietjie, dit gaan nie 'n NZ/AUS-final wees nie want hulle gaan mekaar uitsort in die semi's.
As Aus wen gaan die final bietjie makliker wees as wat dit sal wees as NZ wen.
Aus gaan baie knoue weg hê na 'n fisieke semi teen NZ.
My geld, my huis, my kar en my vrou is op die Bokke so hulle beter nie verloor nie, HA HA!!!! GO BOKKE!!!!
Eindstryd, 28/09/2007, Tobie Botha
Die Bokke het die selfvertroue om die Wêreldbeker te wen maar hul grootste gevaar is Paddy O'Brien se skeidsregters en beamptes.
Hulle het klaar probeer om Schalk Burger en Francois Steyn uit die weg te kry. Ons moet net hoop die Argentyne wen die Iere wat sal beteken dat die All Blacks teen Frankryk speel in die kwarteindstryd.
Of Paul Honisse dit gan toelaat, is 'n ander storie.
eindstryd, 28/09/2007, Jan Schuurman
S.A vs N.Z
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.
vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |