Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Só lyk nuwe reëls vir Super14-reeks
’n Nuwe stel reëls gaan in vanjaar se Super14-reeks toegepas word. Die doel van dié proefreëls is om hardlooprugby te bevorder en die spel meer te laat vloei.
Die onkantlyn vir spelers wat nie aan die skrum deelneem nie, behalwe die skrumskakel, is vyf meter agter die agterste voet. Verdedigende skrumskakels word op twee maniere geraak: (i) Wanneer die skrumskakel van die span wat nie die bal wen nie meer as ’n meter van die skrum af beweeg, moet hy terugval na die onkantlyn vyf meter agter die skrum. (ii) Wanneer die skrumskakel naby die skrum bly, maar na die ander kant toe wil gaan, mag hy nie verby ’n lyn deur die agterste voet aan sy kant van die skrum beweeg nie en moet hy steeds binne een meter van die skrum af bly. ’n Strafskop word vir onkantspel toegeken. ’n Vryskop word vir die volgende oortredings toegeken: (i) te min spelers in die skrum (ii) wanneer ’n stut nie reguit skrum nie (iii) verkeerde bindwerk deur stutte en hakers se hande in die skrum (iv) val op die bal wanneer dit by die skrum uitkom (v) wanneer’n skrumskakel die bal by ’n skrum terugskop. ’n Span hoef nie ’n ontvanger (skrumskakel) by die lynstaan te hê nie. Indien wel, moet hy twee meter van die lynstaan af staan. Die onmiddellike teenstander van die speler wat die bal by die lynstaan ingooi (gewoonlik ’n haker) moet twee meter van die vyf meter-lyn af staan. Dit is daarop gemik om te voorkom dat hy sy spanmaat voor in die lynstaan kan oplig. Spelers mag vooraf ’n greep op die lynstaanspringer kry en hom oplig. Hoekpale is slegs daar om die grensregter te help beslis of die bal oor die kantlyn of doelgrenslyn gerol het. Dit het geen invloed op ’n wedstrydbeampte se beslissing as die bal of baldraer aan die hoekpaal raak nie. As die bal terugspring van die hoekpaal af, gaan spel aan.
Die vinnige ingooi hoef nie meer reguit te wees nie. Dit mag egter nie vorentoe wees nie. As ’n teenstander die bal in die kwartgebied dra, mag ’n verdediger dit direk uitskop en die lynstaan sal plaasvind waar die bal uit is. As die verdediger se span die bal terug in die kwartgebied geneem het, is die lynstaan direk in lyn vanwaar die speler geskop het (dit maak nie saak hoe die bal oorgedra is nie). Dit gebeur: (i) as ’n spanmaat buite die kwartgebied na ’n spanmaat binne die kwartgebied aangee (ii) as ’n span die bal in ’n losgemaal buite die kwartgebied het en teruggedryf word tot binne die kwartgebied (iii) as ’n skrum net buite die kwartgebied toegeken word en die bal kom op of agter die kwartlyn uit (iv) as ’n speler die bal buite die kantlyn kry en terugbeweeg om ’n vinnige ingooi binne die kwartgebied te neem (v) as ’n vry- of srafskop buite die kwartgebied toegeken word en binne die kwartgebied geneem word. Daar is wel toegewings. As verdedigers die bal terug in die kwartgebied geneem het en daar ’n duikslag, losskrum of losgemaal was, sal hulle wel gebied wen wanneer die bal direk uitgeskop word. As die bal buite die kwartgebied land en binne die kwartgebied uitrol, wen die verdediger veld as hy uitskop van ’n vinnige ingooi af. a. onkantspel Daar is ’n onkantlyn wat strek van kantlyn tot kantlyn en sal verander met elke agtereenvolgende duikslag. Dit hang af of ’n losskrum gevorm het of nie. Die speler wat geduik is en die een wat die duikslag uitgevoer het, is nie verbonde aan die onkantlyn nie, solank as wat hulle op hul voete bly om die bal te speel. Hierdie reël sal opmerklik wees wanneer ’n speler byvoorbeeld deurbreek, lank hardloop en dan deur die laaste verdediger geduik word. Die laaste verdediger se spanmaats is dan almal onkant. Spelers raak aankant sodra hulle tot agter die onkantlyn by die doodvat beweeg het of ’n teenstander die bal skop of ’n teenstander vyf meter in enige rigting daarmee hardloop. ’n Strafskop word toegeken wanneer ’n speler van die kant af inkom, met ander woorde nie deur die "hekke" gekom het nie. b.onspeelbaar As die bal onspeelbaar raak by ’n doodvat, losskrum of losgemaal, sal die skeidsregter ’n vryskop toeken aan die span wat nie besit gehad het toe die losskrum/losgemaal begin het. Die span wat die vryskop ontvang, mag ’n skrum verkies. Die straf vir ongeoorloofde spel is altyd ’n strafskop. Die volgende is verander van straf- na vryskoppe: (i) op die grond lê bo-op of oor die bal (ii) val op of oor ’n speler wat op die grond lê (iii) van jou voete af is by ’n duiksituasie of by ’n losskrum op die grond lê en die bal speel ’n Strafskop kan toegeken word vir opsetlike en herhaaldelike oortredings.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|