Leserfoto's
Kyk na nuus- en ander foto's van ons lesers. Stuur jou foto na mystorie@beeld.com.
Beeld
Matriekuitslae 2008
Beeld publiseer uitslae soos dit van die dept. van onderwys ontvang word.
  • Kliek hier vir die matriekuitslae.
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Rudy-hulle maan oor vergrote Super14
    Mar 13 2008 09:09:34:450PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Morris Gilbert


    Suid-Afrika sal sy beste rugbyspelers op die brandstapel plaas as hy toestem tot die ingrypende formaatverandering wat Australië vir die Super14-reeks beoog.

    Dit is die reaksie van twee kundiges op die gebied van Super-rugby, Rudy Joubert en Henry Kelbrick, gister op die Australiese Rugbyunie (ARU) se voorgestelde “Super-gesigsontrimpeling”.

    Die ARU se uitvoerende hoof, John O’Neill, het aan ’n Australiese oggendblad gesê sy visie vir ’n langer, groter en meer opwindende Super-reeks word reeds op hoë vlak bespreek.

    Of dié samesprekings ook Suid-Afrika insluit, kon nie gister bevestig word nie.

    Jonathan Stones, besturende direkteur van SA Rugby, het gister in Johannesburg ’n vergadering saam met die internasionale sokkerbeheerraad, Fifa, gehad en was nie vir kommentaar beskikbaar nie.

    O’Neill wil hê die huidige Super14-reeks moet met minstens een span vergroot word, maar nie uit Sanzar-geledere nie.

    Japan behoort deel van die Drienasies-alliansie te word.

    As die ARU sy sin kry, sal die vergrote Super-reeks oor 26 weke, van Februarie af tot Augustus, strek.

    Eers daarna sal die Drienasies-reeks en tuistoetse teen lande uit die Noordelike Halfrond beslis word.

    Rofweg bereken kan ’n top-speler 22 Super-wedstryde agter die rug hê voordat sy toetsverpligtinge begin.

    Die ARU stel voor dat die Super-reeks met ’n liga begin waarin al die spanne soos nou teen mekaar speel.

    Daarna volg ’n mini-reeks tussen al die plaaslike spanne en die boonste ses spanne sal dan tot die laaste uitspeelronde deurdring.

    Joubert, ’n gewese afrigter van die Bulls, meen dit sal baie van spelers verg om die tempo, felheid en mededingendheid van Super-rugby só lank vol te hou.

    “Selfs al het jy ’n groot groep spelers, kan ek nie sien dat die voorgestelde wysigings ooit die lig sal sien nie.

    “Buiten die hoë tol wat dit onder ons beste spelers kan eis, kan ’n verlenging van die Super14-reeks ook die doodsklok vir Curriebeker-rugby lui,” sê Joubert.

    Volgens hom is dit ironies dat juis Australië se spanne en spelers die ergste onder ’n langer Super-reeks sal deurloop omdat hulle nie naastenby die diepte van Suid-Afrika en Nieu-Seeland het nie.

    “Vir my lyk die ARU se voorstelle na ’n soort vergoedingspakket vir sy eie mense omdat hy nie soos Suid-Afrika (Curriebeker) en Nieu-Seeland (Air New Zealand Cup) ’n sterk plaaslike provinsiale reeks het nie,” sê Joubert.

    Kelbrick, ’n sportgeneeskundige en gewese spandokter van die Bulls, het die planmakers gemaan dat “die toereteller reeds in die rooi is en ons nie van top-spelers kan verwag om meer rugby te speel nie.

    “Die Super-reeks is straf en uitmergelend en vereis reeds baie van elke speler wat nou hoogstens 15 wedstryde moet speel.”


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |