Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Lions wil weer brul in Super14 op Ellispark
Die leier van die Lions-rugbytrop, Ernst Joubert, dink dié span kan môremiddag op Ellispark weer sy brul terugkry in die Super14-wedstryd teen die Sharks. Die Lions se brul het met drie agtereenvolgende nederlae teen die Blues, die Western Force en die Bulls, begin verflou. Môre wil die Sharks, wat die tweede plek op die puntelys beklee, die Lions se laaste stembande afbyt met ’n vyfde agtereenvolgende Super14-sege in 2008. Joubert is die eerste om te erken om met ’n regrukaksie teen ’n span van die Sharks se kaliber te begin, mag dalk onmoontlik klink. “Maar die feit dat ons op Ellispark teen ’n onoorwonne span soos die Sharks speel, sal verseker die Lions sal geen gebrek aan motivering hê nie. Hierdie wedstryd sal verseker hulle sal gemotiveerd wees om iets te bewys. In wedstryde soos dié kan die Lions die grootheid van die oomblik aangryp,” sê Joubert. Hy en sy spanmaats het voor Maandag se oefening ’n geslote sessie gehad, waar die spelers eerlik en hard met mekaar gepraat het oor hul vertonings teen die Force en die Bulls. “Die spelers het vandeesweek die verantwoordelikheid op hulself geneem. Ons speldissipline was tot dusver eenvoudig nie goed genoeg nie, want ons kon byna geen fases bymekaar sit nie. “Die kere wanneer ons by die vierde of vyfde fase gekom het, het ons drieë gedruk of ’n strafskop gekry. “Dit is ’n bewys die spelers kan dit doen. Hulle moet net die selfvertroue kry, want daar is altyd ’n kopding as jy wedstryde begin verloor omdat jy aan jouself begin twyfel. “Ons het vandeesweek daarop gehamer die spelers moet Saterdag op die veld gaan om te speel en in hulself te glo. Dit voel of daar êrens net iets moet kliek. Dit sal wonderlik wees as dit gebeur, want dan sal die spelers sien watter potensiaal daar is. As dit teen die Sharks gebeur en ons wen, kan dit deursyfer na ons volgende wedstryde toe,” sê Joubert. Môre se wedstryd teen die Sharks is vir Joubert-hulle byna ’n herhaling van verlede seisoen se Curriebeker-halfeindstryd in Durban tussen die Leeus en die Haaie. Net soos wat die geval vir môre is, het niemand die Lions ’n kans gegee om die manne in swart en wit uit die Curriebeker-eindstryd te hou nie. “Wat verlede seisoen in die halfeindstryd gebeur het, behoort tot die verlede. Ek dink egter daardie sege het in die spelers se koppe vasgesteek, wat hulle die nodige selfvertroue sal gee om te weet hulle kan die ding doen.”
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|