Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Unie moet verduidelik oor moordenaar in die Pumas
Die Mpumalanga-rugbyunie gaan voor die parlement se portefeuljekomitee oor sport en ontspanning gedaag word om te verduidelik hoekom Gert van Schalkwyk, wat skuldig bevind is aan moord, hul span gehaal het. Die voorsitter van die komitee, mnr. Butana Komphela, het Dinsdag gesê dit was immoreel van die Pumas se bestuur om ’n moordenaar in die span toe te laat. Komphela het ook gesê dat Van Schalkwyk geen berou betoon het vir die moord in Pretoria in 2001 op ’n onbekende swart man, wat Komphela as “ ’n rassistiese aanval” beskryf het nie. Hy het dit sterk beklemtoon dat ’n verskoning van die Mpumalanga-rugbyunie, die SA Rugbyunie en ook die afrigter verwag word. “Wat hulle gedoen het, was onsensitief teenoor die oorledene se familie en die hele Suid-Afrika.” Van Schalkwyk, Christoff Bekker, Frikkie du Preez en Reinach Tiedt is in 2005 skuldig bevind op die moord van ’n onbekende man en die aanranding van nog ’n man in Waterkloof, Pretoria. Hulle is tot 12 jaar gevangenisstraf gevonnis, maar hulle is uit op borgtog tot hul appèlsaak op 29 April. – Sapa
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|