In volle vaart - sonder perke
Daar is miljoene mense wat nie take kan voltooi of instruksies kan uitvoer nie, heeldag dagdroom of aan die gang is, maar niks gedoen kry nie.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Stormers verwoestend
Mar 28 2008 10:25:01:593PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Stephen Nell


Kaapstad. – Die Stormers gaan vanaand hul koppe omhoog hou wanneer hulle na Suid-Afrika terugkeer ná gister se puik sege van 32-16 oor die Western Force in Perth.

Dit was die Stormers se derde oorwinning op hul Super14-rugbytoer van vier wedstryde.

Die afrigter Rassie Erasmus se span het die druk enduit volgehou nadat die regtervleuel, Tonderai Chavhanga, sy eerste drie ná slegs 48 sekondes gedruk het.

Die Stormers was in die 18de minute vlugtig met 7-8 agter, maar hulle het die vaste fasette en by die afbreekpunte heeltemal oorheers en die uitslag was nooit werklik in die gedrang nie.

Chavhanga se tweede drie ná 21 minute het die Stormers met 14-8 laat voorloop, waarop hulle voortgebou het.

Selfs ’n geel kaart aan die vuurvreterflank Schalk Burger in die 37ste minuut kon die Kapenaars nie van stryk bring nie.

Die Force se losskakel, Matt Giteau, het die telling 11-17 met ’n strafdoel gemaak, maar vir die res van die 13 minute wat Burger van die veld was, het die Stormers daarin geslaag om aan hul voorsprong te klou.

Inteendeel, die losskakel Peter Grant het die rustydtelling 20-11 in die Stormers se guns gemaak met ’n strafdoel.

Grant kon dié voorsprong verder laat rek het, maar het met drie pogings pale toe gemis in die tweede helfte.

Die Stormers het met ongelooflike passie gespeel en die Force voos geduik.

Die Force het baie foute begaan, maar dit was die ongelooflike druk wat die Stormers toegepas het, wat sy tol geëis het.

Jean de Villiers se eerste onderskepdrie van die seisoen in die 65ste minuut was die doodskoot. Grant se doelskop was oor om die Stormers met 27-11 te laat voorloop.

Die enigste vraag daarna was of die Stormers ’n bonuspunt sou kry. Dit het hulle op ’n hoogs indrukwekkende wyse gedoen nadat De Villiers gebreek het. Tonderai Chavhanga was net ’n meter duskant sy driekuns toe hy vasgevat is en die plaasvervangerstut, Brock Harris, het gedruk.

Die Force se senter Ryan Cross het uiteindelik in die doodsnikke gedruk, maar dit het niks verander nie.

Hoewel Chavhanga, De Villiers, die heelagter Conrad Jantjes, die flank Francois Louw, die slot Andries Bekker en die haker Schalk Brits uitgetroon het, was dit ’n spanpoging.

Uit ’n Kaapse perspektief is dit redelik duidelik dat die maer jare dalk iets van die verlede is.

Puntemakers:

STORMERS 32 - Drieë: Tonderai Chavhanga (2), Jean de Villiers, Brock Harris. Doelskoppe: Peter Grant (3). Strafdoele: Grant (2).

WESTERN FORCE 16 (11): – Drieë: Drew Mitchell, Ryan Cross. Strafdoele: Matt Giteau (2).


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |